TUNA KELKIE

10411137_10201251729933564_5647064875456274012_ntested

TUNA KELKIE
Tuna Kelkie vir lui mense soos ek !
1 Blikkie Tuna
Gerasperde komkommer
Fyngedrukte avokadopeer
Klein tamaties in skyfies gesny
Sout en peper die tamaties, geur avo met bietjie slaaisous, maak die tuna skrik met so blop mayonaise , en slaaisous saam met komkommer, pak dan net sulke lagies in ‘n glasie!

Bron: Gigi Robinson




KNOFFEL SLAKKE

2014-05-24-snailstested

KNOFFEL SLAKKE
1 klein blikkie snails
2 eet lepels geparste knoffel
500 ml melk
2 eet lepels botter
250 ml room
kaas
Smelt die botter gooi knoffel in saam met n bietjie vleis versagter en sout en peper en die snails saam, braai vir 2 min.
Skep in bakkies.
Maak n dik wit sous met knoffel,melk,room,koekmeel,sout en peper na smaak. Gooi dit oor die snails sit gerasperde kaas bo-op. Sit in oond tot kaas gesmelt het haal uit en geniet.

Resep en foto:  Bennie Steenkamp

 




BIEFSTUK IN VARKSPEK (STEAK IN BACON)

BIEFSTUK IN VARKSPEK (STEAK IN BACON)

Gekapte (tenderized) Biefstuk
Bacon
Worchestersous
Braaivleisspeserye of
Sout en Peper
Knoffel (opsioneel)
Tandestokkies
Toeknyprooster
Sprinkel Worchestersous weerskante van die biefstuk en laat rus vir ’n ½ uur.
Stop met stukkies knoffel indien verkies. Strooi Braaivleisspeserye of sout en peper oor. Onthou daar is reeds sout in die bacon ook.
Draai biefstuk toe in bacon en steek die punte plat vas met tandestokkies.
Sit in toevourooster en braai oor kole. Toets maar deur ’n hoekie af te sny en te kyk of die vleis gaar is.
Dien op met mieliepap of braaibroodjie en geroosterde sampioene.

BRON- Gert Peens

 




WINTERLIKE SPEKAPPELS

WINTERLIKE SPEKAPPELS
Bestandele vir 4:
8 Roosappeltjies of Granatappeltjies
8 Kaneelstokkies
4 Eetlepels Cranburry konfyt
16 Repies ontbytspek
40g botter
1 Huisie knoffel
2 Naeltjies
3 Piment
1 Skil van n hele lemoen

Skil die appeltjies en steek die stronk uit. Steek die Kaneelstokkie in die appel en smeer die konfyt aan die buitekant van die appel en wikkel die appel met die spek. Verhit die botter in n swaarboompan en le die appel, knoffel, naeltjies, piment en lemoenskil in die pan. Braai vir 15 minute by matige hitte vir seker 15 minute. Elke nou en dan stukkies botter byvoeg. Perfek vir n voorgereg of sommer net so op n Sondagaand. Pas ook besonder goed saam met Wild en Hoendergeregte.

Beatrice Trisha Diepold




EIERVRUG LOLLIPOP

2014-05-16-eiervruglollipoptested
EIERVRUG LOLLIPOP
Ingelegde peppadews
Feta kaas
Geroosterde eiervrug skywe
Swart ontpitte olywe
Lang eiervrug in lengte dun gesny en op riffelpan gerooster en met olyfolie bestryk. Peppadews gevul met feta en olyf. Toegerol in eiervrug skywe. Bietjie balsemiek en olyfolie oor gesprinkel .
BRON- Martie Fourie Moolman‎

 




EIERVRUG ROOIPEPER EN UIE WONDER QUICHE-GLUTEN FREE

2014-05-16-eiervrug,rooipeperenuiewonderquicheglutenfreetested

EIERVRUG ROOIPEPER EN UIE WONDER QUICHE-GLUTEN FREE
Hoekom ‘n “Wonder Quiche”? Al die bestanddele word op een slag gebak, en as jy dit uithaal wonder jy hoe dit gebeur het. ‘n Kors met ‘n vulsel, amper soos ‘n paptert! Goeie alternatief in die plek van ‘n paptert saam met braaivleis of lekker geroosterde skaap tjoppies.
1 eiervrug, geskil en in blokkies gesny
1 middelslag ui, grof gekap
1 rooipeper, grofgekap (of groen of geel soos jy verkies)
2 tot 3 grasuie, opgekap
knoffel
pietersielie
paprika
2 eetlepels olyfolie
½ koppie gluten free bruismeel
¾ koppie melk of plaasvervanger (ek het Parmalat lactose free gebruik)
2 eiers
1 koppie bokmelk cheddar, grof gerasper
sout en peper
3 tamaties, dun ringe gesny

Braai op medium tot lae hitte die eiervrug, uie, rooipeper, knoffel en grasuie tot amper sag.
Gooi pietersielie en paprika by en laat nog saam uitbraai tot die eiervrug sag maar nie pap is nie.
As mengsel reg is, gooi in ‘n klein metaal oondpannetjie of metaal flan pan. Maak seker die bodem en kante van die pan is goed gesmeer met olie of botter.
Meng in ‘n mengbak die bruismeel, melk, eiers, sout, peper en helfte vd bokmelk kaas. Moenie die eiers oorwerk nie, anders gaan die kors nie lekker verbruin nie.
Giet die eier-deeg oor die groentemengsel in die pan en versprei egalig.
Pak die ringetjies tamaties eweredig bo-op en gooi die ander helfte van die bokkaas bo-oor.
Vir garnering strooi bietjie paprika en pietersielie oor.
Bak by 210°C (thermofan oond 200°C) vir 20 – 30 minute tot goudbruin en die middel goed geset is.
As jy dit wil uitkeer, laat staan quiche vir tenminste 5 minute eers so in die pan en keer dan baie versigtig uit.
Nota: Onthou dat GF meel baie smaakloos is en 100% bokkaas cheddar gewoonlik nie ‘n sout ondertoon soos gewone Cheddar het nie, maak dus seker die deeg-mengsel het genoeg seasoning in. Ek het ‘n reghoekige bak gebruik en sal volgende keer bietjie meer van die groentemengsel maak, dink dit gaan perfek werk vir ‘n ronde pan.
FOTO:  Lindi Erasmus




TAMATIE VOORGEREG

tested

TAMATIE VOORGEREG
My tamatie voorgereg vir die week …..dit kan ook as ‘n ligte maaltyd opgedien word.
Resep: vir 2
2 groot uitgeholde tamaties
garnering: pietersielie, geraperde kaas, coctail tamatie, suurlemoen en gesiggie plantjie klein …
Die vulsel resep:
witsous:
4 eetlepels margarien
3 eetlepels koekmeel
1 ½ koppie melk
sout en peper na smaak
2 ml van elk: oreganum, knoffelsout, lemon black pepper
5 ml suurlemoensap
5 ml Worcestersous
2 ml mostertpoeier
Dis heerlik!

BRON- Magde Van der Kolff




TRIO VAN TAMATIE VOORGEREG

2014-05-10-triovantamatievoorgeregtested

TRIO VAN TAMATIE VOORGEREG

Koue geroosterde tamatie sop, stapeltjie van vars tamaties, morzerela kaas, geroosterde peper, geroosterde eiervrug, en avo met bazil. Crostinis met bazil pesto en songedroogde tamaties

GEROOSTERDE TAMATIE SOP:
500 gr roma tamaties
1 ui gesny
3 toontjies knoffel
1 stok seldery gesny
s &p
tiemie
olyfolie
3 k hoender aftreksel
Rooster eerste sewe bestandele in oond. Sit in pot met hoender aftreksel.
Kook saam vir omtrent 20 min. Wizz

STAPELTJIE :
Maak ‘n afwisselende stapeltjie van die bestandele. Drizzel met olyfolie s&p.Maak crostinis snytjies brood in die oond met drizzel olyfolie. Smeer met knoffel sodra uit die oond, sit pesto en sondroog tamaties op. Pak op dienbord en drizzel olyf olie en balsamiese asyn oor.
BRON- Martie Fourie Moolman




TAMATIE MIMOSA


TAMATIE MIMOSA
6 klein Tamaties
15 ml botter
Sout en peper
2 ml suiker
2 hardgekookte eiers
30 gr Cheddar kaas
60 ml Room
125 gr roomkaas
Spruit uie (net die punte)
slaaiblare vir bediening
Metode;
Was die tamaties, sny die toppies af en skep die vleis uit. Sit die pulp in ‘n pot saammet die botter, sout, peper en suiker. Kook tot dik en roer en af en toe. Moenie laat dit brand nie…Verwyder van die hitte. Sny die gekookte eiers in die helfte, skei die wit en geel. Hou van die eiergeel eenkant vir versiering. Druk die res van die gekookte eiers fyn. Voeg die afgekoelde tamatiepulp, room en cheddarkaas in ‘n bakkie en blits vir ‘n paar sekondes. Gebruik hierdie mengsel om die tamatie skulpe te vul. Spuit die roomkaas in ‘n mooi roset bo-op die vulsel. Strooi die eiergeel bo-op en sit die spruit ui se punte skuins in die tamatie vir versiering…bedien op slaaibare van jou keuse




MARTIE SE HEERLIKE SNOEK PATEE

martie se snoek pateetested

MARTIE SE HEERLIKE SNOEK PATEE
Resep en foto: Martie Fourie Moolman
FOOD LOVERS RECIPES
Wat ek gemaak het vandag met paar flentertjies snoek, suurmelk, gewone jogurt met ‘n kultuur en suurlemoensap.
Die snoek gerook, in gewone pot met eikehoud saagsels, my kaas gemaak van die suurmelk, jogurt die melk net tot onder kookpunt gebring, jogurt bygevoeg en suurlemoensap, dit oornag laat staan en in ‘n sif die volgende dag gesit met sommer ‘n teenet en laat dreineer,
Die gerookte vis geflok met die kaas en suurlemoensap, bietjie sout en peper, tabasco en gesmelte botter.