

WINTERLIKE SPEKAPPELS
Bestandele vir 4:
8 Roosappeltjies of Granatappeltjies
8 Kaneelstokkies
4 Eetlepels Cranburry konfyt
16 Repies ontbytspek
40g botter
1 Huisie knoffel
2 Naeltjies
3 Piment
1 Skil van n hele lemoen
Skil die appeltjies en steek die stronk uit. Steek die Kaneelstokkie in die appel en smeer die konfyt aan die buitekant van die appel en wikkel die appel met die spek. Verhit die botter in n swaarboompan en le die appel, knoffel, naeltjies, piment en lemoenskil in die pan. Braai vir 15 minute by matige hitte vir seker 15 minute. Elke nou en dan stukkies botter byvoeg. Perfek vir n voorgereg of sommer net so op n Sondagaand. Pas ook besonder goed saam met Wild en Hoendergeregte.
Beatrice Trisha Diepold






