KRUISEMENTSOUS
Vermeng die volgende:
200 ml appelkooskonfyt
100 g wit suiker
250 ml wit asyn
Mikrogolf vir 4-5min by 100% krag; roer dit deeglik om te verseker dat al die suiker opgelos is.
Roer 250 ml gekapte vars kruisement by.
Laat die mengsel afkoel.
Bewaar dit tot 6 maand in die koelkas in ‘n houer wat dig seël.
Sit voor saam met lams- of wildsvleis.








