
LAEVET WITSOUS
250 ml laevet melk
15 ml mielieblom
sout, peper, rooipeper en gerasperde neut na smaak
125 ml gerasperde Lichten Blanc-kaas
Verhit die melk.
Meng die mielieblom met 30 ml van die melk.
Roer mengsel by die kokende melk. Voeg geurmiddels by.
Kook drie minute. Roer al die kaas by.






