
MIKROGOLF-PERSKEBLATJANG
5 groot geel taaipitperskes
1 middelslag ui
3 selderystingels
1 knoets vars gemmerwortel
1 knoffelhuisie
220 g wit suiker
180 ml siderasyn
150 g pitlose rosyne
2 ml kerriepoeier
1 ml kaneel
1 ml gemaalde naeltjies
30g amandelsplinters
Halveer en ontpit die perskes. Skil die ui, sny dit in kwarte op. Sny die seldery in stukke op en skil die gemmerwortel en knoffel. Maal dit alles grof en vermeng dit in ‘n groot mikrogolfvaste bak met die res van die bestandele buiten die amandels. Bedek die bak en mikrogolf die mengsel teen 100% krag totdat die meeste van die vloeistof afgedamp is, roer dit gereeld tydens die kookproses wat 45-60min kan duur. Roer die amandels by wanneer die blatjang dik genoeg is. Bottel dit warm en verseël dadelik.






