BEESSTERTBREDIE IN DIE MIKROGOLF
(4-6 porsies)
1 kg beestert
kookwater
5 ml botter
250 g uie gekap (2 groot uie)
1 lourierblaar
3 heel naeltjies
swartpeper
witpeper
10 ml sout
30 ml hoenderaftrekselpoeier
1kg aartappels, geskil en in kwarte gesny (6 groot)
200g geelwortels, geskil en in ringe gesny (3-4 middelslag)
Sousmengsel
250g bevrore ertjie (opsioneel)
Plaas beesstert in ‘n diep oondbak en bedek heeltemal met water. Bedek bak met kleefplastiek en mikrogolf vir 30min op hoog. Mikrogolf botter 1 min op hoog in ‘n plastiekbeker. Voeg uie by botter en mikrogolf vir 5min op hoog. Voeg uie, lourierblaar, naeltjies, swartpeper, witpeper, sout en aftrekselpoeier by vleis in oondbak. Bedek met kleefplastiek en mikrogolf vir 60min op laag. Voeg aartappels en geelwortels by, bedek en mikrogolf vir 30min op hoog. Verdik met sousmengsel en mikrogolf 5min op hoog. – roer af en toe. Die ertjies kan saam met die sousmengsel bygevoeg word. Dien saam met rys op.
SOUSMENGSEL
Die volgende resep is ‘n ware staatmaker om oor wors, tjops, frikkadelle, hoender en groot vleissnitte te strooi, asook om stowe geregte te verdik en vleissous te geur.
Meng 250g koekmeel, 250g souspoeier (Bisto), 1 pk bruinuiesoppoeier, 1 pk sampioensoppoeier en 1 pk tamatiesoppoeier. Bere in lugdigte houe, dit hou baie lank.







