HEERLIKE TAMATIESOUSIE
Hierdie sousie werk goed saam met filet en ook hamburgers of waarvoor jy dit ookal wil gebruik.
15 ml kookolie
1 ui, gekap
10 ml gekapte knoffel
2 blikkies (410g elk) heel tamaties, gekap
125 ml rooiwyn
20 ml blatjang
20 ml suiker
1 takkie vars roosmaryn, gekap
sout en peper na smaak
Verhit die olie en braai die ui en knoffel daarin tot deurskynend. Voeg die res van die bestanddele by, bedek en prut vir 15 min of tot die regte dikte.
Geplaas deur Rina Kleinhans








