BERE SOUSMENGSEL
Hierdie is een van daai sousmengsels wat ‘n ware staatmaker in die kombuis is en geen kombuis behoort sonder hom te wees. Heerlik oor wors, tjops, frikkadelle, hoender, vleis en om stowegeregte te verdik en sous mee te geur.
Meng
250 g koekmeel
250 g souspoeier (bisto)
1 pk bruinuiesoppoeier
1 pk sampoensoppoeier
1 pk tamatiesopoeier
Bêre in ‘n lugdigte houer. Dit hou baie lank en is heerlik.
Om te gebruik, meng so 2 – 4 eetlepels met bietjie water om paste te maak. Oppas vir ekstra sout in die kos want die soppoeier bevat reeds sout.
Geraldene Camons Cartwright
“Gravy powder”
2 pakkies bruin uie soppoeier
2 pakkies mushroom soppoeier
1 pakkie “cream of tomato ” sop
1 boksie Bisto poeier
1 boks Maizena
Meng alles saam en plaas in lugdigte houer. Vir gebruik meng 2 eetlepels met bietjie koue water en roer by enige van die volgende om sous te maak : hoender, beesvleis , gaar wors soos vark worsies, enige ” chops”, maalvleis , ens. Gooi bietjie water by as sous te dik is.