VINNIGE-VINNIGE-MIN SKOTTELGOED GEMMERPOEDING
Resep: Monique Els
Foto: Wilna Dorfling
FOOD LOVERS RECIPES
DEEG:
125 ml appelkooskonfyt (½ koppie)
10 ml koeksoda (2 teelepels)
125 ml botter/margerine (½ koppie)
375 ml koekmeel (1½ koppies)
knippie sout
SOUS:
750 ml water (3 koppies)
300 ml suiker (1¼ koppies)
5 ml fyn gemmer (2 teelepels)
5 ml fyn kaneel (opsioneel)
Meng konfyt, koeksoda en botter.
Voeg meel en sout by en meng goed.
Kook die water, suiker en gemmer (en kaneel) saam op die stoof in ‘n kastrol met ‘n deksel.
Skep lepelsvol van die deeg in die stroop.
Bedek en kook vir 15 minute.
Moenie die deksel oplig voor die poeding gaar is nie!
Bedien met warm vla, room of roomys.













