INDIVIDUELE MALVAPOEDINGS
Resep en foto: Wilna Dorfling
FOOD LOVERS RECIPES
Poeding:
250 ml suiker
50 ml margarien
4 eiers
60 ml appelkooskonfyt
2 ml sout
250 ml melk
750 ml (3 koppies) bruismeel
10 ml koeksoda
Klits botter en suiker tot goed gemeng en voeg die eiers en appelkooskonfyt by, klits tot gemeng.
Voeg die meel en sout by en roer tot gemeng.
Los die koeksoda op in die melk en voeg dit by die meelmengsel en roer tot gemeng.
Giet die beslag in ‘n oondpan en bak in ‘n voor verhitte oond teen 180°C vir 30-40 min. Continue reading













