GEBAKTE GEELPERSKE MET HEUNING
6 geelperskes
100 g botter
60 ml heuning
knippie brandrissie, vir die wat hou van byt
250 g Mascarpone kaas of roomys of room of net wat jy wil
Verhit die oond tot 200°C.
Halveer perskes en skep die pitte uit.
Plaas die helftes, met skilkant na onder, in vlak muffin pan.
Plaas stukkie botter in elke holte. Gooi heuning oor elke perske.
Bietjie brandrissie vir die wat hou van byt.
Bak vir 45 min en dan onder rooster vir 5 min.
Sit warm voor met 250 g Mascarpone kaas of roomys of room of net wat jy wil.
Lekker eet.
Foto: Christina En LP Louw
geskuif