STEFAANS SE BRUINPOEDING
2 koppies koekmeel
1/2 koppie HEUNING
1 groot eier
1 teelepel vanilla essence
1/2 teelepel sout
2 eetlepels Olyfolie
Meng alles aam in n beker…
Dan 1 Koppie Melk, met 1 teelepel Koeksoda in, klits goed tot koeksoda opgelos is…
Staan gereed…
Gooi nou 2 eetlepels asyn by die koeksoda melk …roer en gooi in die koekmeel…nou skuim die melk, en die beker loop oor..
Dan die koppie heuning eier mengsel…
Bak in n goed gesmeerde pan teen 150 grade vir 30 minute,
en dan op 100 grade vir nog 30 minute…
( Ek smeer die pan met uitgebraaide SKAAPVET..)
Wanneer dit uit die oond uitkom, gooi die sous oor wat warm is…
SOUS…
1 koppie water,
1 koppie melk
1 koppie BRUIN suiker
8 eetlepels botter
1/4 teelepel sout
1 teelepel Vanilla essence
Kook alles saam tot opgelos, en gooi warm oor die Poering.
Resep en Foto: Stefaans Blaauw








