INDIVIDUELE MALVAPOEDINGS

Oondpan Malvapoedingtested

INDIVIDUELE MALVAPOEDINGS
Resep en foto: Wilna Dorfling
FOOD LOVERS RECIPES
Poeding:
250 ml suiker
50 ml margarien
4 eiers
60 ml appelkooskonfyt
2 ml sout
250 ml melk
750 ml (3 koppies) bruismeel
10 ml koeksoda

Klits botter en suiker tot goed gemeng en voeg die eiers en appelkooskonfyt by, klits tot gemeng.
Voeg die meel en sout by en roer tot gemeng.
Los die koeksoda op in die melk en voeg dit by die meelmengsel en roer tot gemeng.
Giet die beslag in ‘n oondpan en bak in ‘n voor verhitte oond teen 180°C vir 30-40 min.
Sous:
500 ml water
500 ml melk
460 ml margarien
500 ml suiker
10 ml vanilla geursel

Plaas die bestanddele vir die sous in ‘n kastrol op die stoofplaat en verhit to suiker opgelos en die sous begin borrel.
Giet  die warm sous oor die warm poeding wanneer dit uit die oond gehaal word. Plaas die poedings ‘n paar minute terug in die oond totdat die sous goed ingetrek het.
Nota:
Vir individuele poedings, giet die vulsel in muffinpannetjies of kolwyntjiehouers, bak vir ongeveer 25 min, verwyder vinnig uit die oond wanneer gaar en giet die sous oor die poeding.
Vir ‘n alternatief plaas die individuele poedings in ‘n groot bakpan en giet die sous oor, maar werk vinnig, want die poedings moet warm wees wanneer die sous oorgegiet word.
Nota:
Bruismeel vervanging:
3 koppies koekmeel
4 ½ teelepel bakpoeier




BANANA CARAMEL CUSTARD PUDDING

2015-03-16-bananacaramelcustardpuddingtested

BANANA CARAMEL CUSTARD PUDDING
Two packs of lady fingers
2 tins of caramel
1 big tub of Ultramel custard
2 tubs of whipping cream ( 500ml)
6 bananas
In a large bowl with a flat surface place your lady fingers neatly next to each other until all the surface of the bowl is covered ,
now pour half of the custard over the lady fingers .
Slice your bananas and place half all over the custard
Whip the cream till stiff and mix in the caramel into the cream until well combined ,
now spoon half of the caramel cream over bananas ,
now place the rest of the lady fingers over the caramel ,
the rest of the banana slices and custard ,
finishing off with spooning the remaining caramel cream as the final layer .
Place in fridge to set for a few hours or overnight .
You may decorate with freshly whipped cream , and some flakes and fruit( optional ) .
You may use tennis biscuits as well .
Recipe and photo: Annie de Villiers
Posted: Amanda Conradie




LEKKER VINNIGE RYS EN SJOKOLADE VERASSING

tested
LEKKER VINNIGE RYS EN SJOKOLADE VERASSING
250 ml room
250 ml volroom melk
1 pakkie sjokoladekitspoeding
125 ml koue, gaar Tastic rys
geroosterde amandels
4 kersies aan stingels
Meng die room en die melk en voeg die sjokoladekitspoeding by.
Klop 1 minuut lank.
Roer die rys onmiddelik by en skep in 4 vrugtekelkie glase.
Besprinkel met die amandelvlokkies en garner met kersies.
Lewer 4 porsies

Bron: Chantelle Geldenhuys




BAKED RICE PUDDING

ryspoeding amandatested
BAKED RICE PUDDING

½ cup arborio rice
1 litre milk
1 vanilla bean, split and seeds scraped
2 tablespoons caster (superfine) sugar
4 pieces lemon peel
20g butter, chopped
1 tablespoon caster (superfine) sugar, extra
double (thick) cream, to serve
Preheat oven to 160ºC (320ºF). Place the rice in the base of a 7 cup-capacity (1.75 litre) shallow ovenproof dish. Combine the milk, vanilla bean and seeds, sugar and lemon peel, pour over the rice and stir to combine. Cover with aluminium foil and place on a baking tray. Bake for 1 hour, remove the foil and stir. Bake, uncovered, for a further 30 minutes. Top with the butter, sprinkle with the extra sugar and bake for 10–15 minutes or until the top is golden. Serve with the cream. Serves 6.

Posted and photo: Amanda Conradie




STEFAANS SE BRUINPOEDING

Stefaans se Bruinpoedingtested

STEFAANS SE BRUINPOEDING

2 koppies koekmeel
1/2 koppie HEUNING
1 groot eier
1 teelepel vanilla essence
1/2 teelepel sout
2 eetlepels Olyfolie
Meng alles aam in n beker…
Dan 1 Koppie Melk, met 1 teelepel Koeksoda in, klits goed tot koeksoda opgelos is…
Staan gereed…
Gooi nou 2 eetlepels asyn by die koeksoda melk …roer en gooi in die koekmeel…nou skuim die melk, en die beker loop oor..
Dan die koppie heuning eier mengsel…
Bak in n goed gesmeerde pan teen 150 grade vir 30 minute,
en dan op 100 grade vir nog 30 minute…
( Ek smeer die pan met uitgebraaide SKAAPVET..)
Wanneer dit uit die oond uitkom, gooi die sous oor wat warm is…
SOUS…
1 koppie water,
1 koppie melk
1 koppie BRUIN suiker
8 eetlepels botter
1/4 teelepel sout
1 teelepel Vanilla essence
Kook alles saam tot opgelos, en gooi warm oor die Poering.

Resep en Foto: Stefaans Blaauw




MEKSIKAANSE POEDING

Meksikaanse Poedingtested

MEKSIKAANSE POEDING

1 1/2 Koppie koekmeel
1 teelepel bakpoeier
1/2 teelepel sout
1/2 koppie botter gesmelt
5 eiers
1 koppie suiker
1 teelepel vanilla essence.

Sous
1 blik kondensmelk
1 blik Ideal-melk
1 koppie melk.

Metode:
Sif droe bestanddele saam in mengbak.
Klits die eiers en suiker saam vir ongeveer 4 min in ‘n ander mengbak tot lig en romerig.
Klits vanilla essence by en voeg die meelmengsel geleidelik by tewyl die klitser op lae spoed loop.
Vou die gesmelte botter in die mengsel in en skep dit in n gesmeerde oondbak.
Bak in voorverhitte oond van 180C vir 30-35 min.
Meng drie melke saam.
Prik poeding met vurk en giet sous bo-oor.
Laat staan vir n rukkie.
Bedien met vla of room.

Resep en Foto: Elize Gouws
2DE FOTO:  Reon Conradie
Laas week het iemand wat saam my werk my vertel van die “meksikaanse poeding” en toe maak ek dit… en al wat ek kan se is YUMMY!! Dis verskriklik lekker😋😋😋




PEARS IN GINGERED WHITE WINE

 


PEARS IN GINGERED WHITE WINE
½ bottle dry white wine
1 vanilla bean
1 cup water
1 cup sugar
2 cm piece of ginger, peeled and sliced in thick slices
2 kg pears

Halve pears, then scoop out seeds with a ¼ t metal measuring spoon. Use a knife to cut out stem and blossom end. Dip cut side in lemon juice to keep from discoloring.

Add wine, water, sugar and ginger to a medium saucepan. Cut vanilla bean in half lengthwise, scrape out the seeds and add both the seeds and the pods halves to the pan. Bring to a boil, stirring to dissolve sugar, then turn down heat and simmer for about 15 minutes. Remove vanilla bean and ginger chunks.

Add the pears to the hot syrup and poach for about 5 minutes. Fill sterilized jars with hot fruit and cooking liquid leaving 1cm headspace. Remove any trapped air bubbles by sliding a knife or spatula between the food and the sides of the jar. Add more liquid if needed to obtain the proper headspace. Wipe jar rim with a clean, dampened cloth to remove any food particles. Place preheated lid on the jar and screw down the metal band fingertip tight. Process in a boiling water bath for 20 – 25 minutes. Check seals after removal. If any jars don’t seal, refrigerate them and eat within a few days.

Recipe posted by Sonja Young




VANIELJE GEBAKE PERE

vanilla pere 2tested

VANIELJE GEBAKE PERE

Het jy lus vir iets soets, maar wat maklik en vinnig is om te maak? Hierdie bederf kan warm of teen kamertemperatuur geniet word.

GENOEG VIR 2
Bereiding: 5 min.
Gaarmaak: 25 min.

4 pere, ontkern en gehalveer
2,5 ml (½ t) vanieljesade
60 ml (¼ k) bruinsuiker
60 ml (¼ k) water
vanieljeroomys vir voorsit

Voorverhit die oond tot 180°C.

Plaas die pere in ’n bakplaat met die vanieljesade. Bestrooi met suiker en water en bak 25 min of tot die pere sag is. Bedruip met die pansous terwyl dit bak.
Rangskik die pere op opdienborde, bedruip met sous uit die bakpan en sit voor met roomys.

My eie foto: Marie Rheeder Troskie




OUTYDSE SOUSKLUITJIES

2015-02-12-souskluitjiestested

OUTYDSE SOUSKLUITJIES
400 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
2.5 ml sout
20 ml margarien
2 eiers
70 ml melk
Meng droë bestanddele en vryf margarien goed met vingers deur
Klits eiers
Voeg melk en eiers by meelmengsel in roer om deeg te vorm
Kook 1.5 l water met ń knippie sout in ń groot kastrol
As die water kook skep lepels vol deeg in en sit deksel op verminder die hitte
Laat kook vir 15 min
Skep kluitjies uit in bak
Gooi oorblywende water by kluitjies gooi suiker en kaneel oor soos jy van dit hou en sit paar klontjies margarien bo-op
Bron:  Johan Coetzee




GEBAKTE GEELPERSKE MET HEUNING

 

Gebakte Geelperkse met Heuningtested

GEBAKTE GEELPERSKE MET HEUNING
6 geelperskes
100 g botter
60 ml heuning
knippie brandrissie, vir die wat hou van byt
250 g Mascarpone kaas of roomys of room of net wat jy wil

Verhit die oond tot 200°C.
Halveer perskes en skep die pitte uit.
Plaas die helftes, met skilkant na onder, in vlak muffin pan.
Plaas stukkie botter in elke holte. Gooi heuning oor elke perske.
Bietjie brandrissie vir die wat hou van byt.
Bak vir 45 min en dan onder rooster vir 5 min.
Sit warm voor met 250 g Mascarpone kaas of roomys of room of net wat jy wil.
Lekker eet.

Foto: Christina En LP Louw