VANIELJE GEBAKE PERE
Het jy lus vir iets soets, maar wat maklik en vinnig is om te maak? Hierdie bederf kan warm of teen kamertemperatuur geniet word.
GENOEG VIR 2
Bereiding: 5 min.
Gaarmaak: 25 min.
4 pere, ontkern en gehalveer
2,5 ml (½ t) vanieljesade
60 ml (¼ k) bruinsuiker
60 ml (¼ k) water
vanieljeroomys vir voorsit
Voorverhit die oond tot 180°C.
Plaas die pere in ’n bakplaat met die vanieljesade. Bestrooi met suiker en water en bak 25 min of tot die pere sag is. Bedruip met die pansous terwyl dit bak.
Rangskik die pere op opdienborde, bedruip met sous uit die bakpan en sit voor met roomys.
My eie foto: Marie Rheeder Troskie