INDIVIDUELE MALVAPOEDINGS
Resep en foto: Wilna Dorfling
FOOD LOVERS RECIPES
Poeding:
250 ml suiker
50 ml margarien
4 eiers
60 ml appelkooskonfyt
2 ml sout
250 ml melk
750 ml (3 koppies) bruismeel
10 ml koeksoda
Klits botter en suiker tot goed gemeng en voeg die eiers en appelkooskonfyt by, klits tot gemeng.
Voeg die meel en sout by en roer tot gemeng.
Los die koeksoda op in die melk en voeg dit by die meelmengsel en roer tot gemeng.
Giet die beslag in ‘n oondpan en bak in ‘n voor verhitte oond teen 180°C vir 30-40 min.
Sous:
500 ml water
500 ml melk
460 ml margarien
500 ml suiker
10 ml vanilla geursel
Plaas die bestanddele vir die sous in ‘n kastrol op die stoofplaat en verhit to suiker opgelos en die sous begin borrel.
Giet die warm sous oor die warm poeding wanneer dit uit die oond gehaal word. Plaas die poedings ‘n paar minute terug in die oond totdat die sous goed ingetrek het.
Nota:
Vir individuele poedings, giet die vulsel in muffinpannetjies of kolwyntjiehouers, bak vir ongeveer 25 min, verwyder vinnig uit die oond wanneer gaar en giet die sous oor die poeding.
Vir ‘n alternatief plaas die individuele poedings in ‘n groot bakpan en giet die sous oor, maar werk vinnig, want die poedings moet warm wees wanneer die sous oorgegiet word.
Nota:
Bruismeel vervanging:
3 koppies koekmeel
4 ½ teelepel bakpoeier








