


PERE IN LEMOEN EN VAN DER HUM SOUS GEBAK
Botter en suiker, omtrent 100ml elk
Smelt botter in potjie op die stoof en as dit borrel, voeg die suiker by. Roer met ‘n houtlepel tot dit ‘n mooi caramel kleur het.
Omtrent halwe koppie vars lemoensap en 50 ml van der Hum likeur.
Voeg lemoensap by botter caramel mengsel en roer, laat kook ‘n rukkie tot dit effens verdik, verwyder van hitte. Voeg likeur by en roer.
Skil 4 ferm pere dun af, sny in die helfte en verwyder die klokhuis versigtig. Plaas in ‘n oondbak, met gesnyde kant onder. Die pere moet net mooi inpas. Gooi die sous oor, maak toe met tin foil en bak op 200ºC vir 30 – 40 min. Haal uit en maak oop en baste die pere met die sousie in die bak. Bak nog 20 minute oop.
Sit die pere mooi voor soos volg: Plaas ‘n halwe peer op ‘n dessert bordjie, gesnyde kant op die bord. Sny die peer in dun skyfies, begin sny by die smal kant van die peer en fan die peer liggies uit. Gooi bietjie van die sous oor die peer, die sous moet ‘n poeletjie rondom die peer maak. Voeg ‘n klein scoop vanilla roomys by, versier met ‘n mentblaartjie en bestuif met versiersuiker. Bedien dadelik.






