KARRINGMELKPOEDING
1 koppie suiker
5 eetlepels botter
3 eiers, goed geklits
1¼ koppie bruismeel
3 koppies karringmelk
1 teelepel bakpoeier
knippie sout
Room botter en suiker.
Klop eiers en voeg by.
Sif droë bestanddele saam, voeg by.
Roer karringmelk stadig by.
Skep in ‘n oondvaste bak en bak by 180°C vir 1 uur.
Resep: Riana du Plessis
Foto: Cornelia Bosman Walkinshaw