GEBAKTE RYSPOEDING
250ml rou rys
1 liter melk
250ml suiker
4 ekstra groot eiers, geklits
410g ingedampte melk
10ml vanieljegeursel
60ml sagte bruinsuiker
Kook die rys volgens aanwysings op die pakkie tot gaar en dreineer. Plaas gaar rys terug in die kastrol en voeg die melk en suiker by. Bring tot kookpunt, verlaag hitte en laat sowat 45 minute lank stadig prut totdat meeste van die melk afgekook het en die mengsel romerig is.
Verwyder van hitte en laat effens afkoel. Voorverhit intussen die oond tot 160C en bespuit 7 klein glasbakkies (ramekins) met kleefwerende kossproei. Klits die eiers, ingedampte melk en vanieljegeursel saam en roer by die rys in. Verdeel die mengsel in die ramekins en plaas in ‘n dieperige oondpan. Vul die pan halfpad met kookwater. Plaas in die oond en bak sowat 45 minute lank of tot gestol. Laat staan 15 minute lank in die water. Verwyder die glasbakkies (ramekins) uit die water en sprinkel ‘n dik lagie bruinsuiker bo-op elkeen.
Laat net so staan tot kort voorvoorgesit word. Verhit die rooster-element van die oond en plaas die poedings ongeveer 20cm van die element. Rooster totdat die bruinsuiker gesmelt en gekarameliseer is, verwyder en sit voor. Die bruinsuiker maak ‘n harde lagie bo-op die poeding wat met die lepel gebreek word om by die sagte poeding onder uit te kom.
Geplaas deur Esme Slabbert
Foto: Cindy Dowling