Plaas die droë bestanddele in voedselverweker, nou die eiers. skakel aan, drup die olie by. Nou word dit mayonnaise. Nou die kondensmelk en asyn.
Laat staan vir 2 dae vir smaak om te ontwikkel.
Jozua de la Harpe
Marinda Peyper
MOSTERT SOUS
1 Blik kondensmelk
1 koppie witasyn
3 eiergele
2 eetlepels mosterdpoeier
Klits al die bestandele goed saam.
Kook oor matige hitte tot ‘n glans.
Giet in bottels en laat afkoel.
MOSTERD
3 eiers
125 ml asyn
50 g mosterdpoeier
2,5 ml sout
1 blik kondensmelk
125 ml sonneblom olie
Klits eiers goed tot lig en skuimerig, roer asyn bietjiesgewys en geleidelik by Meng moserd en sout met die asyn om dit glad te kry anders maak dit klonte. Meng by eiermengsel. Dan die kondensmelk en olie, meng baie, goed skep in glas bottels en hou in yskas en geniet dit.
Daleen Stephens
VINNIGE SMEER MOSTERD
1 blikkie kondensmelk
60 ml witasyn
2-3 teelepels mosterdpoeier
Meng mosterdpoeier in asyn tot opgelos en vry van klontjies. Voeg by kondensmelk en roer of skud baie goed. Laat staan verkieslik oornag, maar ek het dit al ‘n halfuur voor ete gemaak en gebruik.
Lewer nagenoeg 400 ml mosterd.








