

DUBBEL-SJOKOLADEKOEK-POEDING
Die lekker chocolate koek met ‘n twist ! Ek het die Dubbel laag sjokolade koek resep gevat en hom in ‘n plat pan gebak en die volgende verander aan die resep, i.p.v 375ml sterk swart koffie het ek 200ml espresso gebruik en 175 ml kalua die vulsel en bo laag is gemaak van die volgende:
500 ml room
2 bakkies mascarpone
175 ml strooisuiker
175 ml kalua of enige goeie koffie liqueur
30 ml kakaopoeier Continue reading
Category Archives: Nageregte – Koud / Desserts – Cold
YSKASTERT


YSKASTERT
Resep: Helmien En Kobus Kotze
FOOD LOVERS RECIPES
1 houertjie room, styf geklits
2 koppies Bulgaarse jogurt
1 blikkie kondensmelk
1 pakkie vanilla kitspoeding Continue reading
AMARULA CHOCOLATE MOUSSE
KARAMEL KONKOKSIE
FANIE SE NAGEREG PLAATKOEKIES

Nagereg vinger idees
Plaatkoekies met karamel, room en vrugte en aarbeie in marmersjokolade
Posted: Amanda Conradie
Vinnige Nagereg Eat-Sum-More
Vat n groot bier glas sonder bier.
Breek Eat-Sum-More koekies so in 4 stukke per koekie en gooi in die glas tot drie kwart vol
Maak nou die glas vol melk, Warm of koud ek verkies koud.…
Los vir 5 minute Continue reading
KITSPOEDINGTERT


KITSPOEDINGTERT
Ek het vanoggend hierdie vinnig tert gemaak maar hy kan ook as ‘n nagereg bedien word, regtig heerlik en mens kan dit aanpas net soos jy daarvan hou. My man hou nie van ‘n soet tert nie, so die een was so in sy kraal.. Makliker as dit kry mens seker nie.
1 pak Moir’s melktert-geur kitspoeding (of geur van jou keuse)
250 ml room, oornag in yskas
150 ml melk, koud
10 ml gelatien
Tennisbeskuitjies
sjokolade om oor te rasper, of vars vrugte Continue reading
LETTIE SE KITSPOEDING TERT


LETTIE SE KITSPOEDING TERT
1 pakkie Kitspoeding elke vanilla en butterscotch
1 pk Tennis beskuitjies
125-250ml Room vir versiering opsioneel
Ek het tennis beskuitjies choc mint gebruik ‘n laag gepak, poeding aangemaak volgens aanwyings op pakkie. gooi op koekielaag vanilla poeding en dan n laag kitspoeding butterscotch.
Ek toe n koekie gekrummel bo op, maar indien verkies, kan room styf geklits word en bo-op gesit word, en dan koekies bo-op krummel of sjokolade bo-op rasper.
Lettie Martyniuk’s photo.
WENKE VIR MERINGUES-PAVLOVA


WENKE VIR MERINGUES-PAVLOVA
Les:
1. Wanneer meringues gemaak word moet jy so vetvry as moontlik werk. Dit beteken dus dat die toerusting wat jy gebruik skoon moet wees en met skoon vadoeke afgedroog word. Die klitser moet ook deeglik skoon wees….olierigheid veroorsaak dat die eierwitte NIE gaan styf klop nie.
2. Wanneer eiers geskei word moet daar versigtig geskei word om te voorkom dat daar eiergele in die witte ingaan…die eiergele het ‘n vet in en veroorsaak dan dat die eierwit nie wil styf klits….gooi weg en begin oor…glo my. Wenk: eiergele kan in yshouertjies met 1t water gevries word…ek gebruik dit in my pastei korse! Continue reading
KOEJAWEL BASAARPOEDING
KOEJAWEL BASAARPOEDING
2 x 410 g blikke koejawels, gedreineer
1 x 385 g blik kondensmelk
1 liter melk
125 ml vlapoeier
2 x 80 g aarbeijellie
400 ml kookwater
4 eierwitte Continue reading






