

WENKE VIR MERINGUES-PAVLOVA
Les:
1. Wanneer meringues gemaak word moet jy so vetvry as moontlik werk. Dit beteken dus dat die toerusting wat jy gebruik skoon moet wees en met skoon vadoeke afgedroog word. Die klitser moet ook deeglik skoon wees….olierigheid veroorsaak dat die eierwitte NIE gaan styf klop nie.
2. Wanneer eiers geskei word moet daar versigtig geskei word om te voorkom dat daar eiergele in die witte ingaan…die eiergele het ‘n vet in en veroorsaak dan dat die eierwit nie wil styf klits….gooi weg en begin oor…glo my. Wenk: eiergele kan in yshouertjies met 1t water gevries word…ek gebruik dit in my pastei korse!
3. Gebruik eiers wat by kamertemperatuur gelos is vir ten minste 30min of plaas in lou water as dit direk uit die yskas kom vir 10min. Eiers by kamertemperatuur klop tot ‘n hoër volume as koue eiers.
4. Wanneer die suiker by die stywe meringue gevoeg word moet dit lepels gewys gedoen word en goed geklits word die heeltyd sodat die suiker korrels goed kan oplos en die mengsel ‘n amper silwerglans verkry. Jy toets ook die mengsel of dit gereed is deur die meringue tussen die vingers te vryf en voel of die korrels opgelos is.
5. Hierdie is ‘n stadige proses so wees maar geduldig.
6. Ek bevries my oortollige klaar gebakte meringues (kleiner, goed gedroogdes) vir tot 6 maande tussen waspapier lae in lugdigte houer.
7. Geur middels en kleur middels word eers aan die einde van die proses bygevoeg.
8. Die asyn en kremetart wat bygevoeg word is beide ‘n suur en dit help die eierproteine makliker koaguleer(stol) en meer wolkerig word. Die mielieblom gee weer aan die groot pavlova ‘n marshmellow binnekant sponsig en sag…
9. MOENIE as die humiditeit hoog is die meringues maak nie…dit gaan taai word as dit afkoel. So moenie goed op die plate kook dat die stoom staan en dan die meringues bak…eintlik word meringues gedroog nie gebak…
10. Variasies op geure: kaneel en pekans, rooswater, swart bitter kakao ingevou sodat dit ‘n marmer effek gee, koffie en fyn amandels vir ‘n cuppacino smaak….speel!!! Onthou dit word altyd laaste bygevoeg!
Resep
1k Strooisuiker
3 Eiers, geskei by kamer temperatuur
5ml Asyn
15ml Mielieblom, maizena
2ml Kremetart
5ml Vanielje geursel
Metode:
1. Klop die eier tot stywe punt stadium, NIE droog en vlokkerig nie!
2. Klop die asyn, mielieblom en kremetart by.
3. Voeg die strooisuiker 2 eetlepels op ‘n slag by…klits 5 minute en voeg weer 2 eetlepels by…hou so aan totdat al die suiker ingewerk is. Toets die meringue of dit reg is…kyk na die glans, dit moet ‘n lint vorm as jy die klitser oplig en die suiker moet opgelos wees.
4. Vou nou die geursels en kleursels by.
5. Om die pavlova te vorm word die meringue mengsel met ‘n groot opskep lepel, hoop vir hoop op mekaar gestapel en effens afgeplat en dan gebak vir 2 ure by 110°C. Vir die kleiner skuimpies of nessies word dit gebak vir 1 ½ uur by 110°C of toets of dit droog is…ek hou van hulle so effens taai.
Sousie:
1k Greek style yoghurt, 100ml strooisuiker gemeng en 5ml vanielje geursel. Meng alles saam.
Aarbei puree:
3k aarbeie gepuree, 1/2k suiker, en 10ml maizena opgelos in 50ml water. Saam gekook en eenkant gehou om die meringue met vrugte lae te bou.
Lewer 50 klein meringes of 2 pavlova dope
BRON- Annelien Pienaar
Amanda Conradie
Pascal Merlin ‘n chef in the UK did this

Use gel food coloring…….Using a small paintbrush, paint 3 vertical stripes of food coloring inside a pastry bag fitted with a 1/2-inch round tip. Fill bag with meringue, and pipe shapes (they don’t need to be perfect), 2 inches apart on 2 parchment-lined baking sheets. As you finish piping each shape, apply less pressure to pastry bag, and swirl the tip off in a circular motion.






