

DUBBEL-SJOKOLADEKOEK-POEDING
Die lekker chocolate koek met ‘n twist ! Ek het die Dubbel laag sjokolade koek resep gevat en hom in ‘n plat pan gebak en die volgende verander aan die resep, i.p.v 375ml sterk swart koffie het ek 200ml espresso gebruik en 175 ml kalua die vulsel en bo laag is gemaak van die volgende:
500 ml room
2 bakkies mascarpone
175 ml strooisuiker
175 ml kalua of enige goeie koffie liqueur
30 ml kakaopoeier
1-2 teelepels kits espresso
5 ml vanilla
Klop alles saam tot lekker styf en sit in die middel en bo-oor die koek. Ek het dit opgedien as ‘n poeding saam met tuisgemaakte arbei en kersiekonfyt en vla.
Foto en idee: Ilona Turner
https://www.foodloversrecipes.com/2014/03/dubbel-sjokoladekoek/






