DUBBEL-SJOKOLADEKOEK-POEDING

dubbelkoek sjokolade poedingtested
DUBBEL-SJOKOLADEKOEK-POEDING
Die lekker chocolate koek met ‘n twist ! Ek het die Dubbel laag sjokolade koek resep gevat en hom in ‘n plat pan gebak en die volgende verander aan die resep, i.p.v 375ml sterk swart koffie het ek 200ml espresso gebruik en 175 ml kalua die vulsel en bo laag is gemaak van die volgende:
500 ml room
2 bakkies mascarpone
175 ml strooisuiker
175 ml kalua of enige goeie koffie liqueur
30 ml kakaopoeier
1-2 teelepels kits espresso
5 ml vanilla

Klop alles saam tot lekker styf en sit in die middel en bo-oor die koek. Ek het dit opgedien as ‘n poeding saam met tuisgemaakte arbei en kersiekonfyt en vla.

Foto en idee:  Ilona Turner

http://www.foodloversrecipes.com/2014/03/dubbel-sjokoladekoek/




YSKASTERT

HELMIEN SE YSKASTERTtested
YSKASTERT
Resep: Helmien En Kobus Kotze
FOOD LOVERS RECIPES
1 houertjie room, styf geklits
2 koppies Bulgaarse jogurt
1 blikkie kondensmelk
1 pakkie vanilla kitspoeding

Meng die 3 bestanddele en vou in by styf geklitste room.
Pak laag beskuitjies, dan die helfte van die mengsel oor beskuitjies.
Dan weer laag beskuitjies en laaste van die mengsel.
Krummel 2 flakes bo-oor en sit in yskas.
Baie baie lekker!




AMARULA CHOCOLATE MOUSSE

AMARULA CHOCOLATE MOUSSEtested
AMARULA CHOCOLATE MOUSSE
2 tsp. unflavored gelatin
2 Tbsp. cold water
¼ c. boiling water
½ c. sugar
¼ c. cocoa powder
1½ c. heavy cream, very cold (I placed this in the freezer)
½ c. Amarula, very cold (I placed this in the freezer)
1 tsp. vanilla
Sprinkle gelatin over cold water in small bowl; stir and let stand 1 minute to soften.
Add boiling water; stir until gelatin is completely dissolved.
Stir together sugar and cocoa in small mixing bowl; add heavy cream and vanilla.
Beat at medium speed until stiff peaks form; gradually pour in Bailey’s and gelatin mixture and beat at high speed until well blended. Mixture should be thick and fluffy.
Spoon into serving dishes and place in refrigerator to chill.
Chill 1 hour or until ready to serve.
Just before serving, I will add chocolate shaving to decorate.

FOTO – Esme Slabbert




KARAMEL KONKOKSIE

karamel konkoksietested
KARAMEL KONKOKSIE
1 pakkie caramel of butterscotch poeding (Moirs) aangemaak en verkoel
600 ml room, koud en geklits
15 ml fyn suiker
5 ml Vanilla
1 eierwit, styf geklits
½ blik gekookte kondensmelk
1 crunchie, fyngekap

Klits die room, suiker en vanilla saam.
Meng helfte van die room en kondensmelk met geklitsde eierwit – lekker mousse. As dit te soet is, voeg nog room en/of eierwit by.
Skep poeding, mousse en room in lae, eindig met room. Sprinkel die helfte van die gekrummelde crunchie net voor jy laaste room opsit, met die res bo oor as versiering. Jy kan ook ‘n kersie en mint blaartjie opsit (ek het nie gehad nie).

Maak 6 porsies. Maak dit maar klein porsies, dis SOET.
Variasie, vir ‘n minder soet nagereg, giet lae vlasous wat met helfte normale suiker aangemaak is, tussen in.

Kiti De Jager –  bron – my eie moerby resep.




FANIE SE NAGEREG PLAATKOEKIES

2015-03-05-fanieseplaatkoekies
Nagereg vinger idees
Plaatkoekies met karamel, room en vrugte en aarbeie in marmersjokolade

Posted: Amanda Conradie




Vinnige Nagereg Eat-Sum-More

 

2015-02-21-nageregtested

Vat n groot bier glas sonder bier.
Breek Eat-Sum-More koekies so in 4 stukke per koekie en gooi in die glas tot drie kwart vol
Maak nou die glas vol melk, Warm of koud ek verkies koud.
Los vir 5 minute

Nagereg is reg
Eet met lepel maar as dit lank genoeg staan kan jy dit drink ook. As die koekies klaar raak en daar is melk oor vul net op met koekies.
Koekies na jou eie smaak wat lekker sag word.

Bron:  Koos van der Merwe




KITSPOEDINGTERT

instant pudding tert 2tested
KITSPOEDINGTERT
Ek het vanoggend hierdie vinnig tert gemaak maar hy kan ook as ‘n nagereg bedien word, regtig heerlik en mens kan dit aanpas net soos jy daarvan hou. My man hou nie van ‘n soet tert nie, so die een was so in sy kraal.. Makliker as dit kry mens seker nie.

1 pak Moir’s melktert-geur kitspoeding (of geur van jou keuse)
250 ml room, oornag in yskas
150 ml melk, koud
10 ml gelatien
Tennisbeskuitjies
sjokolade om oor te rasper, of vars vrugte
Maak die gelatien aan met 50 ml koue water, sit 20 sek in die mikrogolf. Roer goed tot dit bietjie afkoel.
Meng die poeding met die room en melk, klits goed, voeg die gelatien by en meng lekker deur. Pak die tennisbeskuitjies onder in die bak, giet die vulsel oor die koekies, (versigtig dat dit nie skuif nie) rasper nog koekies en sjokolade lekker dik bo-op en plaas in die yskas vir ongeveer 2 ure.
1 pak poeding maak ‘n klein tertjie, so ek stel voor verdubbel die resep vir ‘n groter tert.
Resep en foto: Rina Kleinhans




LETTIE SE KITSPOEDING TERT

2015-02-13-kitspoedingtested

LETTIE SE KITSPOEDING TERT
1 pakkie Kitspoeding elke vanilla en butterscotch
1 pk Tennis beskuitjies
125-250ml Room vir versiering opsioneel
Ek het tennis beskuitjies choc mint gebruik ‘n laag gepak,  poeding aangemaak volgens aanwyings op pakkie. gooi op koekielaag vanilla poeding en dan n laag kitspoeding butterscotch.
Ek toe n koekie gekrummel bo op, maar indien verkies, kan room styf geklits word en bo-op gesit word, en dan koekies bo-op krummel of sjokolade bo-op rasper.

Lettie Martyniuk’s photo.




WENKE VIR MERINGUES-PAVLOVA

 

Meringues Pavlovatested

WENKE VIR MERINGUES-PAVLOVA

Les:
1. Wanneer meringues gemaak word moet jy so vetvry as moontlik werk. Dit beteken dus dat die toerusting wat jy gebruik skoon moet wees en met skoon vadoeke afgedroog word. Die klitser moet ook deeglik skoon wees….olierigheid veroorsaak dat die eierwitte NIE gaan styf klop nie.
2. Wanneer eiers geskei word moet daar versigtig geskei word om te voorkom dat daar eiergele in die witte ingaan…die eiergele het ‘n vet in en veroorsaak dan dat die eierwit nie wil styf klits….gooi weg en begin oor…glo my. Wenk: eiergele kan in yshouertjies met 1t water gevries word…ek gebruik dit in my pastei korse!
3. Gebruik eiers wat by kamertemperatuur gelos is vir ten minste 30min of plaas in lou water as dit direk uit die yskas kom vir 10min. Eiers by kamertemperatuur klop tot ‘n hoër volume as koue eiers.
4. Wanneer die suiker by die stywe meringue gevoeg word moet dit lepels gewys gedoen word en goed geklits word die heeltyd sodat die suiker korrels goed kan oplos en die mengsel ‘n amper silwerglans verkry. Jy toets ook die mengsel of dit gereed is deur die meringue tussen die vingers te vryf en voel of die korrels opgelos is.
5. Hierdie is ‘n stadige proses so wees maar geduldig.
6. Ek bevries my oortollige klaar gebakte meringues (kleiner, goed gedroogdes) vir tot 6 maande tussen waspapier lae in lugdigte houer.
7. Geur middels en kleur middels word eers aan die einde van die proses bygevoeg.
8. Die asyn en kremetart wat bygevoeg word is beide ‘n suur en dit help die eierproteine makliker koaguleer(stol) en meer wolkerig word. Die mielieblom gee weer aan die groot pavlova ‘n marshmellow binnekant sponsig en sag…
9. MOENIE as die humiditeit hoog is die meringues maak nie…dit gaan taai word as dit afkoel. So moenie goed op die plate kook dat die stoom staan en dan die meringues bak…eintlik word meringues gedroog nie gebak…
10. Variasies op geure: kaneel en pekans, rooswater, swart bitter kakao ingevou sodat dit ‘n marmer effek gee, koffie en fyn amandels vir ‘n cuppacino smaak….speel!!! Onthou dit word altyd laaste bygevoeg!

Resep
1k Strooisuiker
3 Eiers, geskei by kamer temperatuur
5ml Asyn
15ml Mielieblom, maizena
2ml Kremetart
5ml Vanielje geursel

Metode:
1. Klop die eier tot stywe punt stadium, NIE droog en vlokkerig nie!
2. Klop die asyn, mielieblom en kremetart by.
3. Voeg die strooisuiker 2 eetlepels op ‘n slag by…klits 5 minute en voeg weer 2 eetlepels by…hou so aan totdat al die suiker ingewerk is. Toets die meringue of dit reg is…kyk na die glans, dit moet ‘n lint vorm as jy die klitser oplig en die suiker moet opgelos wees.
4. Vou nou die geursels en kleursels by.
5. Om die pavlova te vorm word die meringue mengsel met ‘n groot opskep lepel, hoop vir hoop op mekaar gestapel en effens afgeplat en dan gebak vir 2 ure by 110°C. Vir die kleiner skuimpies of nessies word dit gebak vir 1 ½ uur by 110°C of toets of dit droog is…ek hou van hulle so effens taai.
Sousie:
1k Greek style yoghurt, 100ml strooisuiker gemeng en 5ml vanielje geursel. Meng alles saam.
Aarbei puree:
3k aarbeie gepuree, 1/2k suiker, en 10ml maizena opgelos in 50ml water. Saam gekook en eenkant gehou om die meringue met vrugte lae te bou.
Lewer 50 klein meringes of 2 pavlova dope
BRON- Annelien Pienaar

Amanda Conradie
Pascal Merlin ‘n chef in the UK did this
pavlova met kleur
Use gel food coloring…….Using a small paintbrush, paint 3 vertical stripes of food coloring inside a pastry bag fitted with a 1/2-inch round tip. Fill bag with meringue, and pipe shapes (they don’t need to be perfect), 2 inches apart on 2 parchment-lined baking sheets. As you finish piping each shape, apply less pressure to pastry bag, and swirl the tip off in a circular motion.




KOEJAWEL BASAARPOEDING

KOEJAWEL BASAARPOEDING
2 x 410 g blikke koejawels, gedreineer
1 x 385 g blik kondensmelk
1 liter melk
125 ml vlapoeier
2 x 80 g aarbeijellie
400 ml kookwater
4 eierwitte
Gooi melk en kondensmelk in ‘n pot.
Roer en bring stadig tot kookpunt.
Meng die vlapoeier met ‘n bietjie melk, en sodra die melk in die pot by kookpunt is, roer die vla by en hou aan roer totdat die vla verdik.
Laat die vla afkoel.
Meng die jellie met die kookwater en laat ook effens afkoel, maar moenie toelaat dat dit stol nie.
Gooi die koejawels in ‘n bak en maak dit fyn met ‘n vurk.
Roer die fyngemaakte koejawels in die vla.
Voeg die jellie by en meng goed.
Gooi die eierwitte in ‘n skoon mengbak en klits totdat dit styf is.
Vou die eierwitte in die vlamengsel en gooi in ‘n nageregbak of glase om te bedien.
Verkoel tot gestol.