
ONGEKOOKTE SAGTE SOUTKLEI
2 koppies koekmeel of broodmeel
½ koppie sout
1 eetlepel sonneblomolie
½ koppie water
koekkleursel
Meng die water en sonneblomolie.
Roer die meel en sout in.
Knie tot brooddeeg.
Indien nodig, voeg nog water by.
Voeg die koekkleursel by.
Knie tot die kleur deeglik ingemeng is.
Bere in ‘n plastieksakkie of plastiekbakkie om die klei sag te hou.












