

LEKKERGOED SUSHI
Ek het dit op facebook raakgeloop. Gebruik meestal marshmellow en rice crispie koekie “deeg” as basis en voeg allerhande interressante swieties by wat kleur gee.
Dis ook lekker as jy karamel en post toasties gebruik vir die basis of kondensmelk en klapper, of grondboontjiebotter en gebreekte koekies. Die moontlikhede is eindeloos. Al wat jy moet doen is om die “basis” soos klei te meng en dan jou verbeelding op hol te jaag.
Resep geplaas deur Estelle Horn











