KOOL-AID SPEELKLEI
1 koppie koekmeel
¼ koppie sout
1 pakkie Kool-Aid (enige geur)
⅔ koppie water.- jy sal tussen ½ koppie na 2/3 koppie gebruik
1 eetlepel olie
Meng die meel, sout, en die Kool-Aid saam.
Kook die water. Voeg die olie by die water.
Voeg ‘n bietjie van die water by die droë bestanddele en meng met ‘n lepel. Hou aan water byvoeg en brei die klei tot die kool-aid deurgemeng is en dit soos speelklei voel.
Wenk:
Voeg so 1 teelepel “eetbare glitter” by om dit ‘n bietjie op te helder !!
Dink net hoe gaan daardie ogies blink as hulle die klei sien.
DISCLAIMER: BY SUBMITTING CONTENT TO THIS WEB SITE, YOU ACKNOWLEDGE AND AGREE THAT THE TERMS AND CONDITIONS STATED IN THIS POLICY APPLY TO YOUR INTERACTIONS WITH ANY WEB SITE COMMUNITY AND THAT GOOD AND VALUABLE CONSIDERATION HAS BEEN PROVIDED TO YOU. IF YOU DO NOT AGREE WITH THESE TERMS AND CONDITIONS, DO NOT SUBMIT CONTENT TO THIS WEB SITE OR OTHERWISE ACCESS ANY COMMUNITY FEATURES ON THIS WEB SITE.