
VINGERVERF
1 pakkie plakpapiergom
‘n bietjie minder as 2 liter warm water in ‘n 2 liter-bottel poeierverf
Plaas die plakpapiergom in die 2 liter-bottel.
Vul die bottel tot amper bo met warm water.
Skud tot die gom opgelos is.
Laat oornag staan.
Verdeel soveel van die mengsel as wat vir elke kleur benodig word uit in verskillende houers.
Voeg omtrent 1 eetlepel poeierverf van verskillende kleure in die houers.
Meng dit goed in die gommengsel.
Dit vorm ‘n dik pasta en is gereed vir gebruik
Category Archives: Kinderpartytjies / Kids Parties
IDEES VIR KINDERPARTYTJIES
Dora Miles
Die volgende was ‘n hit op my sussie se dogtertjie se verjaardagpartytjie. Bak en Brou vir kinders… pakkies mariebeskuitjies en/of tennisbeskuitjies… klaar aangemaakte versiersuiker in verskeie kleure… lekkergoed (Jelly tots, smarties ens)… laat die kinders hulle eie koekies smeer met die versiersuiker en dan met lekkergoed versier.. Dit kan hulle ure besig hou afhangende van hoeveel koekies en lekkers beskikbaar is. Dit kan buite of binne gedoen word.
Marietjie Swart
vrugtesosasties op ‘n stokkie – vrugte ingery op ‘n stokkie met marshmallows tussen-in Continue reading
SHERBET
SHERBET
Hier is ‘n sherbet resep wat ek iewers op ‘n blad gekry het – weet nie waar nie.
250 ml versiersuiker
5 ml koeksoda
2.5 ml wynsteensuur
Sif al die bestanddele goed saam en verpak.
Resep geplaas deur Karin Weeks



