

BENHET SE PAMPOENPIEKELS
Wow en was ek nou verras!!!!!
Dis wraggies lekker. Sal dit soma so eet of as ‘n slaai bedien
Ekke het die resep uit die kokkedoor boek gebruik. Hom net die helfte aan gemaak en ook die tamaties uitgelos. En het gewone anys gebruik en nie ster anys ni! Ek het ook gewone uie gebruik, Lourieblaar en knoffel ook uit gelos. Maar 7 ml pickel spice by gesit. Sal dit beslis weer maak!!!
1,5 kg geskilde pampoen in blokkies gesny
500 g kersietamaties
300 g piekeluitjies, geskil en in kwarte gesny
100 g sout
Ysblokkies
2 koppies asyn
500 g suiker
1 eetlepel mosterdsaad Continue reading












