

BENHET SE PAMPOENPIEKELS
Wow en was ek nou verras!!!!!
Dis wraggies lekker. Sal dit soma so eet of as ‘n slaai bedien
Ekke het die resep uit die kokkedoor boek gebruik. Hom net die helfte aan gemaak en ook die tamaties uitgelos. En het gewone anys gebruik en nie ster anys ni! Ek het ook gewone uie gebruik, Lourieblaar en knoffel ook uit gelos. Maar 7 ml pickel spice by gesit. Sal dit beslis weer maak!!!
1,5 kg geskilde pampoen in blokkies gesny
500 g kersietamaties
300 g piekeluitjies, geskil en in kwarte gesny
100 g sout
Ysblokkies
2 koppies asyn
500 g suiker
1 eetlepel mosterdsaad
5 wonderpeperkorrels
8 steranys
4 ml fyn kruienaeltjies
4 ml knoffelhuisies, gekap
4 loerieblare
300 g murgpampoentjies in blokkies gesny
500 g fetakaas
Plaas die pampoen, tamaties en uitjies in ‘n groot bak en strooi van die sout oor. Plaas ysblokkies bo-op en laat 10 min staan.
Kook asyn, suiker, mosterdsaad, wonderpeper, steranys, kruienaeltjies, knoffel en lourierblaar 10 min lank saam. Giet dit deur ‘n sif om die heel speserye uit te haal. Giet die asynmengsel terug in die kastrol.
Spoel die ys en sout af, dreineer die groente en voeg die murgpampoentjies by! Voeg by die asynmengsel en verhit tot kook punt.
Pak die groente en getakaas in lae in gesterliseerde flesse en giet die kokende piekelmengsel bo-oor!
Seël
FOTO- Benhet Nieuwenhuis






