LEKKER KERRIEBOONTJIES
Ek het vanaand my eerste kooksel kerrieboontjies gemaak en is nogal heel trots op myself:
2 kg boontjies, gekerf
2-3 groot uie fyngekap
2 koppies suiker
3 koppies asyn
1 eetlepel sout
2-3 eetlepels matige of sterk kerrie (na gelang van eie smaak)
1 hoogvol teelepel borrie
1 eetlepel mielieblom
Kook boontjies saam met uie en sout in water tot sag.
Dreineer water en voeg 2 koppies asyn en die suiker by
Prut stadig oor lae hitte
Meng die kerrie, borrie, mielieblom en oortolige koppie asyn saam en voeg by mengsel
Kook goed deur en roer gereeld, pasop vir aanbrand
Skep in bottels en seel goed
Geniet
Foto: Dawid Conradie








