SOET- SUUR SOETRISSIES
Sny jou soetrissies (geel, groen, rooi) in mooi dun repies. Vul jou bottels lekker styf. Maak jou sous en gooi dit kokend bo-oor en verseël dit warm. (haal al die blasies uit as daar is met ‘n sosatiestokkie) ek het net 1 van elke kleur gebruik op die sous hoeveelheid.
SOUS
500 ml suiker
500 ml asyn
500 ml water
10 ml sout
½ teelepel peperkorrels
Kook asynmengsel vir so 3 min en giet oor die soetrissies in die bottels.
N.S in party van my bottels het ek ‘n paar ingemaakte peppedews bygevoeg om dit lekker styf te kry.
Foto: Marie Rheeder Troskie
DISCLAIMER: BY SUBMITTING CONTENT TO THIS WEB SITE, YOU ACKNOWLEDGE AND AGREE THAT THE TERMS AND CONDITIONS STATED IN THIS POLICY APPLY TO YOUR INTERACTIONS WITH ANY WEB SITE COMMUNITY AND THAT GOOD AND VALUABLE CONSIDERATION HAS BEEN PROVIDED TO YOU. IF YOU DO NOT AGREE WITH THESE TERMS AND CONDITIONS, DO NOT SUBMIT CONTENT TO THIS WEB SITE OR OTHERWISE ACCESS ANY COMMUNITY FEATURES ON THIS WEB SITE.
done