

STOMPIE SE VYEKONFYT
Uit kook en geniet maar ek het dit bietjie verander hulle s’n te veel werk. Hierdie resep is vir ryp vye.ek skil nie my vye nie maar sny hul net middeldeur om te kyk vir wurmpies.
Neem 500 g suiker vir elke 500 g vrugte en ½ koppie water vir elke 500 ml suiker.
Sit vrugte in pot en giet die suiker en water oor. Laat staan vir so uur of twee tot suiker water getrek het.
Sit op lae hitte op stoof en roer totdat suiker gesmelt het, verhoog na medium hitte en voeg 4 eetlepels suurlemoensap by vir elke 3 kg vrugte.
Kook tot stroop die regte dikte is. Ek toets deur bietjie stroop in piering te skep en laat koud word, sal sommer sien die stroop is reg en proe nie meer watering nie. Skep in voorbereide bottels en sit stukkie waspapier op wat in brandewyn gedoop is dit keer dat konfyt muflagie maak. Konfyt sal stukke vye in hê.
Resep aanpassing en foto: Stompie Theron Borman






