sowat 500 – 600 ml
200 g klein worteltjies
400 g blomkool
1 groot ui, gekap
180 g groenbone
125 ml water
35 g (75 ml) mielieblom
150 ml water
700 ml appelasyn (cider vinegar)
65 ml fyn appelkooskonfyt
10 ml mosterdpoeier
10 ml kerriepoeier
5 ml borrie
2 ml sout
Plaas wortels, blomkool, ui en bone in ’n mengbak. Giet kookwater oor en laat staan 5 minute. Dreineer in ’n vergiettes. Meng die 125 ml water met mielieblom tot ’n gladde pasta. Plaas die 150 ml water, asyn, appelkooskonfyt, mosterdpoeier, kerriepoeier, borrie en sout saam in ’n kastrol. Voeg die mielieblompasta by en bring tot kookpunt. Laat 10 minute oop kook en roer nou en dan. Voeg gedreineerde groente by en laat nog 5 minute kook. Skep in gesteriliseerde bottels.









geskuif
Ek het hierdie resep vandag gemaak tot op die punt toe. Ek kan sê dit is heerlik….. maar ek sal so 3 dae wag voordat ek dit gebruik anders is die groente nog nie deurtrek met die speserye en asyn nie. MAAR, defnitief ‘n wenner!!!!