OUMA SE BOEREWORS PASTEI
Bedien 4-6
1 pakkie Ouma se boerewors
20 ml botter
2 groot uie, fyngekap
250 g sampioene, dun gesny
10 ml (2 teelepels) fyn koljander
5 ml (1 teelepel) sout
250 ml (1 koppie) gevriesde ertjies
15 ml (1 eetlepel) koekmeel
125 ml (½ koppie) beesvleisaftreksel
400 g skilferkorsdeeg, ontdooi
Meel vir deeg uitrol
80 g cheddar kaas
1 eier, geklits
Voorverhit die oond tot 200 °C.
Braai die wors in die pan, hou dit heel en draai dit dat dit rond is. Verwyder en laat dit afkoel.
Smelt die botter en braai die uie tot sag, maar nie bruin.
Voeg die sampioene by en laat dit stadig braai saam met die uie.
Voeg die koljander, sout en die gevriesde ertjies by. Laat dit vir ongeveer 5 minute saam kook oor ‘n matige hitte.
Voeg die meel by en roer tot al die bestanddele goed deur die meel bedek is.
Voeg die aftreksel by en roer goed.
Laat die mengsel stadig prut oor ‘n lae hitte, tot die meel gaar is. Verwyder en laat dit afkoel.
Rol die skilferkorsdeeg dun uit op ‘n meel bestrooide oppervlak.
Smeer ‘n 20 cm pastei bak liggies met botter of spuit met kleefvrye sproei.
Meet die skilferkorsdeeg in die pastei bak, om te pas as die basis van die pastei. Laat dit liggies sak in die bak en maak seker dat dit mooi egalig pas.
Sny die oortollige deeg af om as die boonste gedeelte van die pastei te dien. Onthou om genoeg van die deeg te laat oorhang aan die kante van die pastei bak, aangesien die deeg wel krimp.
Sit die hele gaar wors-wiel in die middel van die deeg basis, voeg die afgekoelde sous by en besprinkle met kaas.
Gebruik die oortollige deeg en vorm die bedekking vir die pastei.
Smeer die geklitste eier liggies op die deeg basis van die pastei. Pas die deeg bedekking netjies bo-oor en knyp die kante met ‘n vurk om seker te maak die pastei is heeltemal geseë.
Borsel die res van die eier liggies oor die pastei. Maak 2 snytjies in die pastei deeg om die stoom te laat ontsnap.
Sit die pastie in die oond en laat dit bak vir ongeveer 15-20 minute of tot die deeg goudbruin en gaar is.
Resep geplaas deur Benhet Niewenhuis
Foto en nota: Benhet Nieuwenhuis – Ek het ‘n blikkie sweet corn ook ingesit en dit was heerlik.








