

HOENDERKAASKOEK SONDER SAMPIOENSOUS
Lewer ’n groot kaaskoek (sowat 12 snye)
KORS:
100 g (½ pak) Cream Crackers, fyn gekrummel
100 ml gesmelte botter
2 ml (½ teelepel) droë gemengde kruie
5 ml (1 teelepel) Italiaanse sprinkelkaas-speserye (Ina Paarman)
VULSEL:
30 ml (2 eetlepels) botter
1 ui, fyn gekap
30 ml (2 eetlepels) koekmeel
180 ml (¾ koppie) hoenderaftreksel
250 ml (1 koppie) gerasperde cheddarkaas
5 ml (1 teelepel) mosterdpoeier
sout en vars gemaalde swartpeper
250 g krummel maaskaas
3 eiers, geskei
80 ml (¹∕³ koppie) room
500 ml (2 koppies) gaar hoendervleis, gepluis
Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n 20cm losboompan.
KORS
Meng alles saam en druk vas op die boom van die pan.
VULSEL
Smelt die botter en braai die ui tot sag. Voeg die meel by en roer tot dit sonder klonte is.
Roer die aftreksel geleidelik by en laat kook. Verwyder van die hitte.
Roer die kaas en mosterd by en geur met sout en peper.
Klits die maaskaas, eiergele en room saam. Voeg by die kaassous.
Meng die hoender by.
Klits die eierwitte styf en vou in.
Skep die vulsel in die kors. Bak by 180 ºC vir ongeveer 45-60min, toets tot net gestol, oonde verskil
Laat afkoel en ontvorm op ’n dienbord.
Foto: Petre van Jaarsveld







Petré Van Jaarsveld
Resep is op die blog… Al wat ek ekstra bygesit het was n teelepel knoffel, vars suurlemoen tiemie en gekapte pietersielie. Ruik en lyk heerlik… sal more proe..