

KORTPAD MET TE VEEL RISSIES
Breek die singel van die rissies af, sny nou liggies ‘n kruis waar die stingel afgebreek is.
Sny liggies deur nie te diep nie.
Op die punt van die rissie sny liggies ‘n kerf net deur die skil.
Was nou bottels goed uit en laat droog word.
Pak die rissies in die bottels, vul met skoon asyn, sit die deksels styf op en hou in yskas.
Jy kan dit vir jare hou en hoe langer dit staan hoe sterker word dit.
Bron: Denzil Aaron Roberts
Foto: Ehow










