

SUSAN SE KERRIE-KOOL
1 kg fyn gesnipperde kool
350 g fyn gekapte uie
25 g mielieblom (50 ml)(4 eetlepels)
350 ml witasyn (1 ¾ koppie)
375 ml suiker (1 ½ koppie)
25 ml matige kerrie poeier ( afgeskraap)(2 eetlepels)
25 ml gouestroop (2 eetlepels)
15 ml sout (3 teelepels)
Kook kool en uie vir 15min in ‘n groot kastrol in kookwater tot sag en dreineer goed.
Meng mielieblom met ‘n bietjie van die asyn en voeg saam net res van asyn en ander bestanddele by die kool en uiemengsel verhit tot kookpunt en kook 15min.
Skep in geserliseerde flesse en sit deksels op en verseël.
Resep en foto: Susan Sussiena Wagenaar Mitchell






