

CHARLEEN SE INGELEGDE RISSSIESMOOR
2 kg heel rooi en groen rissies, stingelpunte afgesny
4 groot uie, grof gekerf
4 teelepels knoffels, crushed
4 eetlepels rajah kerriepoeier
4 teelepels borrie
1 eetlepel komyn
2 teelepels pickle masala
350 ml suiker
250 ml olie
800ml asyn
Plaas n bietjie van die olie in ‘n prutpot.
Voeg al die bestandele by behalwe asyn en suiker.
Braai goed deur vir so 10 minute.
Voeg dan asyn en suiker by, roer en prut vir so uur. Ek het sommer n stick blender gebruik. Jy kan dan self kies hoe grof jy die relish wil he.
Bottel in glasflesse wat goed kan seël.
Ek het sewe botteltjies relish uit die batch gekry
Resep en foto: Charleen Nieuwenhuizen






