


FRIKKADELLE MET DRIE BESTANDDELE
Resep geplaas en foto: Liezl Van Niekerk
FOOD LOVERS RECIPES
1 kg maalvleis
125 – 250 ml room
1 pakkie bruin uie soppoeier
Meng alles saam, rol balletjies en bak tot gaar. Moenie vleis teveel hanteer nie, dan is die bolletjies lekker los.
So lekker en so maklik!
Nota- Rina Kleinhans:
Ek begin met 125 ml room en pas aan dat ek nie met ‘n pappery staan nie. Jy kan ook karringmelk of bulgaarse jogurt gebruik. Jy kan ook wortel en ui baie fyn rasper en insit.
2de Foto: Meyer Combrinck
Nota: Ek het hierdie resep as basis gebruik (sien die link), maar bietjie ekstra gedroogde pietersielie en koljander bygevoeg.







Charmaine Du Toit Meldrum
What an awesome recipe!!!! I tried this tonight and added a finely chopped onion, some garlic and freshly ground black pepper – used Greek yoghurt – absolutely DIVINE!!!!! Definitely going to do this more regularly – absolutely yummy!!!!!