

PETRO SE FRIKKADELLE MET ROOIKOOL
Gisteraand se ete frikkadelle, rooikool en kapokaartappels.
FRIKKADELLE:
500 g beef mince
1 snytjie brood in bietjie melk geweek
vars pietersielie, opgesny
1 ui, geskil en fyn gerasper
knyppie nutmeg
1 eier
sout en pepper na smaak
Meng alles saam vorm bolletjies en bak in olie tot mooi bruin aan albei kante.
ROOIKOOL:
1 rooikool, opgesny en afgespoel
2 of meer appels geskil en in blokkies gesny, ek gebruik enige appel
donker bruin suiker na smaak
bietjie kaneel
± 15 ml of bietjie meer bruin asyn
groot klont botter
sout en pepper na smaak (ek gebruik wit pepper)
Gebruik geen water behalwe water wat agterbly na afgespoel het, bring tot kook, dan na stadige hitte en kook tot sag.
Bedien op heerlike kapokaartappels.
Resep en foto: Petro van Genderen






