

WAT KAN JY ALLES MET BLAARSLAAI DOEN
Selma Dickens
– maak Chinese sop met dit
– Wontons spring onions chicken noodle sop fyn spaghetti baie lekker
Frikkie Jones
– Gewoonlik sny hulle die vars blaarslaai in die lengte en sit dit op n griddle pan tot hy swart strepies maak en bedien met bloukaas dressing.
– Ek weet die Franse maak dit met ertjies gaar
Rensche Klaassen
– Maak dit soos die outydse kool as dit gaar is kan n mens nie die verskil proe nie ( met aartappels en uie)
Marie Greeff
– My sussie het dit al gekook met aartappels en uie dan fyn gemaak met botter. Was baie lekker
Faye Abrahams
– Add to your stirfry instead of cabbage
Ilse Visser
– Maak sop daarvan, kropslaai sop is fantasties, met n ui, bietjie room en bietjie aromat.
Onthou om dit te luquidise
Chris En Madeleine Koekemoer
– Kap dit in stukkies en meng met chilli bite mix, braai dit dan in olie. heerlik.
Tersia White Wessels
– Ek gebruik my groenslaai wat nie meer crispy is nie en braai dit in ‘ pan en gebruik dit vir ontbyt saam met wors en eiers of op ‘n hamburger. Dit is heerlik, want dit het reeds al die geure en asyn in.
Karin Van Greuning Venter
– Ek kook soos kool met aartappel en uie.Heerlik
Lucy Lopes Viljoen
– Ek het 5 kg verloor deur blaarslaai te kook in water met bietjie aromat
Anne-Marie Watt
– 1 blik suikermielies, 2 koppies blaarslaai, 1 ui gebraai, halwe koppie ertjies, halwe pakkie wituiesoppoeier, bruismeel, 1 eier. Sout, peper na smaak. Meng alles en bak lepelsvol in pan. Heerlik!!
Petra Nel
CHRISTINE SE BLAARSLAAI SOP ~ RSG
500 ml room
3 liter melk
750 ml kookwater
1½ ui
1 eetlepel olyfolie
2 pakkies repies spek
3 groot aartappels – grof gerasper
1½ kop blaarslaai
2 pakkies hoender roomsop
Hoenderaftreksel – aangemaak met water
Kook melk en water saam. Gooi aartappels by en kook tot sag. Braai uie apart in olyfolie. Braai repies spek in dieselfde olie. Gooi uie en spek in melk en kook. Gooi ook blaarslaai by. Voeg hoenderaftreksel by en laastens die room. Kook vir sowat 1 uur.
________________________________________________
2 koppe blaarslaai
1 liter hoenderekstrak
1 koppie room, of ongegeurde jogurt
handvol gekapte pietersielie
1 aartappel, geskil en in blokkies gesny
Sny die blaarslaai in groot stukke en spoel af. (jy hoef dit nie droog te maak nie)
Plaas dit in kastrol met die hoenderekstrak en aartappel.
Kook tot die blaarslaai deurskynend is.
Verpulp die mengsel in ‘n voedselverwerker.
Sout en peper na smaak.
Voeg die room of joghurt by.
Bedien met pietersielie as garnering.
RSG Resepte
Jenny Nel Robberts
– Hi julle ek maak ook blaarslaai sop maar so: Blaarslaai en gekapte uie kook saam met hoender blokkie tot sag. Maak so koppie of so witsous. Verpulp en gooi sout en peper by en as jy wil room. Dit proe soos aspersie sop. Dit regtig heerlik. Hier by ons het ons baie baie blaarslaai omdat ons net in die winter kan groente plant en dan gebruik ons als.
Tanya Vorster Bezuidenhout
– Ek sny dit op saam uie en braai dit en eet dit op ‘n boerewors rol. Dis vreeslik lekker. My ma het jare terug ‘n kaffee gehad en dit so bedien. Die mense was mal daaroor. Vir die manne wat van brand hou kan jy chillies saam braai.
Katryntji Nell
– Sny dit soos vir slaai en kook saam met vleis dit maak soos bietjie dik
Hanli Wessels
– Blaarslaai kan soos spinasie gekook word en proe dan ook soos spinasie….aartappels,ui en blaarslaai….sout en baie peper…..en so kan beetblare ook gekook word.
Louise Nel Basson
– My skoonma het my geleer dat mens dit kan kook soos jy groenboontjies koop. Heerlik
Christelle Gerhard Coetzee
– Chop blaarslaai in fyn stukkies, gooi pak gevriesde ertjies by, en halwe blokkie hoenderaftreksel opgelos in kookwater, kook en braai net liggies.






