

GIDEON SE RYSBONDELTJIES
En was djeeerlik!
½ koppie rys gaar
¼ koppie koekmeel
1 teelepel Italian kruie
peper na smaak
½ teelepel aromat
1 teelepel knoffelvlokkies
1 eier
1 koppie broodkrummels (om balletjies in te rol en nie vir mengsel nie)
olie vir diepbraai
Continue reading
Category Archives: Groente / Vegetables
AARTAPPELBALLETJIES



AARTAPPELBALLETJIES
Het die aartappelballetjie gemaak en oppie vuur in olie gebak.
2 aartappels, gaar gemaak en fyngemaak
1 teelepels chilli flakes
1 koppie gerasperde mozzarela kaas
sout en peper na smaak
1 teelepel Italian herbs
3 eiers – 2 liggies geklits
broodkrummels om die balletjies in te rol
olie vir diepbraai
Continue reading
GROENTE FRITTATA MET GEBRAAIDE HOENDER REPIES IN SALTICRAX KRUMMELS


GROENTE FRITTATA MET GEBRAAIDE HOENDER REPIES IN SALTICRAX KRUMMELS
2-3 koppies groente van jou keuse gebraai (ek het seldery, rooi uie, ertjies, mielie pitte, peppadew, groen peper gebruik)
1 koppie gerasperde Cheddar kaas
8 eiers geklits met 1 koppie melk (ek het ook ½ koppie vars dik plaasroom bygeklits)
sout, peper, na smaak
Skep die gebraaide groentes in oondbak wat gespuit is met Cook amd Spray.
Gooi die eier en melk mengsel bo-oor en sprinkel die kaas bo-oor. Continue reading
IDEES MET PATATS


IDEES MET PATATS
Wilna Ruthven Davel:
Patats met muskadel:
2 kg patats
375 ml karamelsuiker
250 g botter
250 ml wit muskadel
Skrop die patats en druk goed droog. Skil die patats en sit dit in ’n bak met suurlemoenwater. Sny die patats in growwe stukke en pak ’n laag patats in ’n groot swaarboompot. Sprinkel ’n lagie suiker oor en stip met botter. Pak nog ’n laag patats, gevolg deur ’n lagie suiker en ’n paar klontjies botter. Herhaal die lae totdat die bestanddele op is. Continue reading
BOTTERSKORSIE KOEKIES MET STROOP


BOTTERSKORSIE KOEKIES MET STROOP
500 ml gaar botterskorsie (butternut)
250 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
2 ml sout
1 eier
kaneel
STROOP:
15 ml botter
250 ml suiker
200 ml melk
15 ml mielieblom
175 ml koue water Continue reading
GEGEURDE RYS IDEES


GEGEURDE RYS IDEES
1 koppie basmatiese rys in mikrogolf gekook.
Tupper rys bak gebruik sonder deksel.
Meng rys met 3 ½ koppies water en sout.
Kook op hoog 22 min.
Perfekte rys altyd!
1 ui, fyn gekap en gebraai
125 g spek stukkies, gebraai saam met die ui
25 ml knoffel botter bygemeng en alles in die rys ingemeng
Resep en foto: Meisie van der Colff Continue reading
PATATS ONDER DIE KOMBERS


PATATS ONDER DIE KOMBERS
750 g patats
1 koppie melk
½ koppie botter
50 ml bruinsuiker
1 eier
5 ml vanilla
sout na smaak
Kook die patats in die melk, botter, en suiker tot gaar. Maak die gaar patats fyn, voeg die eier vanilla en sout by en roer deur. Skep die mengsel in ‘n gesmeerde bak en plaas eenkant.
IDEES VIR ERTJIES

IDEES VIR ERTJIES
Reinet Herman Šarović
Maak ertjie slaai.
Braai spek stukkies, sny klein kaasblokkies, sny halwe ui fyn.
Meng met mayonnaise en suurroom as jy het, en sout en peper. Heerlik.
Martie Steyn
Sny ‘n ui fyn. Kook so 2 eiers, sny op meng alles saam met bietjie mayonnaise en ertjies. Jy kan selfs ’n rooi rissie fyn opkap as jy van iets sterks hou.
Alta Barnard Praeg
Komkommer, ui, feta en mayonnaise. Heerlik. Ek het gisteraand blik mielies ingegooi saam ertjies.
Leoni Botha
As jy dalk soutkoekies soos bacon cips of enige ander het, maak so klomp fyn (nie te fyn), gooi by ertjies saam met mayonaisse. Kan bietjie kaas ook bysit. Lekker slaai. Continue reading
IZA SE PATATTERT


IZA SE PATATTERT
6 koppies rou patats, in blokkies gesny of genoeg om jou bak vol te maak
1 eier
½ koppie suiker
1 koppie melk
1 teelepel vanilla / karamel geursel
Kook patats tot gaar en maak fyn, meng met die bestanddele, sit in oondbak en bak vir 30 minute by 180°C. Gooi die volgende sous oor wanneer die eerste 30 minute verby is: Continue reading
ROOM AARTAPPELS 3 BESTANDDELE


ROOM AARTAPPELS 3 BESTANDDELE
5 medium groot aartappels, geskil en in ringe gesny
250 ml room
gerasperde kaas
In 2 liter bak het ek laag aartappels gepak, en sout oorgestrooi , dan laag kaas en herhaal tot bak vol is.
Gooi room oor en ek gooi so 20 ml water in room bottel om alle room uit te kry, spoel bottel en gooi ook oor die aartappels.
Mikrogolf op high vir 20 min. indien aartappels nog nie sag is nie, mikrogolf ‘n verdere 10 min. of tot aartappels sag is.
Resep en foto: Meisie van der Colff

