GIDEON SE RYSBONDELTJIES


GIDEON SE RYSBONDELTJIES
En was djeeerlik!
½ koppie rys gaar
¼ koppie koekmeel
1 teelepel Italian kruie
peper na smaak
½ teelepel aromat
1 teelepel knoffelvlokkies
1 eier
1 koppie broodkrummels (om balletjies in te rol en nie vir mengsel nie)
olie vir diepbraai

Meng alles saam en maak 25 mm deursnee balletjies deur ferm saam te druk dog versigtig te wees
Rol die balletjies net in die krummels en los vir ten minste ‘n uur in die koelkas
Bak in die olie tot effens bruinerig

Doopsous:
½ koppie mayonnaise
2 teelepel dijon mosterd
1 teelepel korrel mosterd
1 teelepel fyn knoffel

Meng alles saam en gebruik as doopsous vir die rysbondeltjies
Resep en Foto: Gideon Louw




AARTAPPELBALLETJIES


AARTAPPELBALLETJIES
Het die aartappelballetjie gemaak en oppie vuur in olie gebak.
2 aartappels, gaar gemaak en fyngemaak
1 teelepels chilli flakes
1 koppie gerasperde mozzarela kaas
sout en peper na smaak
1 teelepel Italian herbs
3 eiers  – 2 liggies geklits
broodkrummels om die balletjies in te rol
olie vir diepbraai

Meng die aartappels, sout, peper, kaas, chilli flakes en een eier.
Maak balletjies van omtrent 25 mm in deursnee.
Rol die balletjies eers in die geklitste eiers en dan in krummels.
Laat staan in koelkas vir omtrent 1 tot 2 ure.
Bak dit dan in warm olie vir ‘n paar minute tot goudbruin.
Geniet dit saam met die dip van jou keuse.
Ons het sommer mayonnaise en sweet chillie sous gemeng.
Resep en foto: Gideon Louw




GROENTE FRITTATA MET GEBRAAIDE HOENDER REPIES IN SALTICRAX KRUMMELS


GROENTE FRITTATA MET GEBRAAIDE HOENDER REPIES IN SALTICRAX KRUMMELS
2-3 koppies groente van jou keuse gebraai (ek het seldery, rooi uie, ertjies, mielie pitte, peppadew, groen peper gebruik)
1 koppie gerasperde Cheddar kaas
8 eiers geklits met 1 koppie melk (ek het ook ½ koppie vars dik plaasroom bygeklits)
sout, peper, na smaak

Skep die gebraaide groentes in oondbak wat gespuit is met Cook amd Spray.
Gooi die eier en melk mengsel bo-oor en sprinkel die kaas bo-oor.
Bak in voorverhitte oond by 180°C vir so 30 min of tot opgepof en gaar.
Ek het in my konveksie oond gebak.

Hoender repies gemarineer in bietjie suurlemoensap, olyfolie, knoffelpoeier, rooipeper, gerookte paprika en gedroogde tiemie vir 30 min. en dan in gebreekte Salticrax beskuitjies gedruk.
Laat staan in yskas vir so 15 min voordat in vlak olie teen medium temperatuur gebraai word tot hoender net gaar.
Foto: Elsabie Templeton




IDEES MET PATATS


IDEES MET PATATS
Wilna Ruthven Davel:
Patats met muskadel:
2 kg patats
375 ml karamelsuiker
250 g botter
250 ml wit muskadel

Skrop die patats en druk goed droog. Skil die patats en sit dit in ’n bak met suurlemoenwater. Sny die patats in growwe stukke en pak ’n laag patats in ’n groot swaarboompot. Sprinkel ’n lagie suiker oor en stip met botter. Pak nog ’n laag patats, gevolg deur ’n lagie suiker en ’n paar klontjies botter. Herhaal die lae totdat die bestanddele op is.
Giet die muskadel oor en sit die pot op die stoof. Verhit tot kookpunt en verlaag dan die hitte totdat die patats saggies prut. Bedek en prut die patats baie stadig vir ongeveer 2 uur totdat die patats sag is (die kooktyd sal afhang van hoe grof die patats gesny is).
Haal die deksel af en laat die patats vir ’n verdere uur prut totdat die vloeistof amper alles afgekook en die patats gekaramelliseer is. Lewer 10 porsies.

Juanita Loubser
Patatrol:
Fyn gekookte patat. Smeer in skilferkors. Rol op en sny in skywe. Pak in oondbak. Gooi room en kaneelsuiker oor. Bak tot deeg gaar is.

Elzie Pieterse –  Patat mash

Debbie du Plessis
Sny patat rou in blokkies met neutmuskaat, sout en peper.
Gooi 250 ml room oor en bak in oond teen 160ºC vir 20 min.
Roer en draai patats en bak verder vir so 10 na 15 min. Of tot sag.

Gerda Venter
Patat en spinasie gebak: Pak patats as kors in bak sit in oond en braai uie en knoffel met spinasie. Meng feta kaas met klapper melk en eiers en gooi oor spinasie en patats. Strooi Cheddar kaas bo-oor en bak in die oond. Baie lekker.

Elzette Calitz
Ek is altyd die odd-one-out ek hou nie van soet kos nie!!! So ek sny die patat in skywe nie te dik nie. Kook tot lekker sag. Gooi bietjie olyfolie in ‘n oondskottel en strooi speserye van jou keuse. Ek gebruik Ina Paarman se lemon en black pepper en veggie spice. Pak patat skywe en strooi speserye oor. Plaas in oond, bak teen 180°C tot goudbruin. Dit is heerlik!!! Die natuurlike soet van patat is nog daar maar nie oorheersend nie.

Rosina Gerber en ook foto:
My dogter gemaak ook vir ‘n snoekbraai… rou patats gesny met lae bruinsuiker, knippie sout tussenin en lemoensap oor gegooi,  klontjies margarien in gesit en toegemaak met tin foelie. Bak in die oond tot sag en met mooi kleur.

Chris En Zandria Clarke
Soet patats met marsmallows:
Kook blokkies patats tot sag, sit in ‘n eetlepel botter.
Voeg stroop/heuning by tot begeerte. Strooi bietjie kaneel oor.
Vat ‘n hand vol pienk en wit marshmallows, roer in tot gesmelt… Dis hemels!

Leonie van Eeden
Ek kook my patats in sout water en dan sny ek dit in skywe. Pak in gesmeerde oondbak met klontjies botter, karamel suiker oor als gestrooi. Maar ek pak dit in lae. En dan gekrummelde gemmerkoekies bo-oor en tussen in ook. Jy kan bietjie room ook inmeng.

Madeleine Scholtz
Maak patats gaar. Pak in oond bak en krummel gemmerkoekies oor, dan gouestroop en bruinsuiker en stip met botter. Sit foil oor en bak so 30 min. Heerlik!

Mari Krige Burger
Pak geskilde patatringetjies bo-op foelie in ‘n glasbak. Stip met botter en gooi knippie sout oor en bruin suiker na smaak. Gooi Amarula (± 1 kop) oor, maak foelie toe oor dis en bak teen 180°C vir ‘n uur.

Annabell Welthagen
Ek nou net karamel patats gemaak. Kook patats in bietjie melk so 1 koppie op ‘n kilogrm patats, so bietjie suiker en 1 teelepel koeksoda en 1 eetlepel heuning. Dit kook baie sag en word mooi bruin, ek skat maar my bestanddele met die oog. Daar is resep iewers op die blad ek dink dis gestoofde patats maar dis heerlik.

Christo Wolvaardt
Gemmerkoekies onder – gekookte patats gemash bo-op koekies en dan caramel blokkies sweets bo-op, plaas in die oond tot alles gesmelt en bedien.

Zellie Vermaak
Kook sag, gooi suiker en botter oor, “mash” en sit in die oond met marshmallows bo-oor.

Pieter Coetzee
Waarvoor is die koeksoda in patats?
Annabell Welthagen
Dit help om dit bruin te maak, saam met die melk bruis dit so op en van daar af verkleur dit na bruin.

Rina Botha
Kook patas gaar, maar gooi kwart koppie room by met so 1 dessertlepel maple stroop, bruinsuiker na smaak, ‘n mespunt gemmer en knippie sout. As gaar is, gooi botter by, maak fyn of los in stukke. Bedien met rys en groen gebraaide boontjies, aartappels na jou smaak en heerlike krummel steak met ‘n monkey gland sousie.

Lydia Seegers
Probeer gerus. 2 groot patats in ringe gesny met skil. Stip bietjie botter onder in’n oondpan. Pak die patatskywe bo-op die botter. Drup bietjie stroop oor die patats, bedek met foelie en bak in ‘n warm oond by 180ºC vir +- 45 min. Verwyder die foelie en pak 1 groot pak pienk en wit Marshmallows bo-op die patats. Bak vir ‘n verder ½ uur in die aand sonder die foelie. Heerlik




BOTTERSKORSIE KOEKIES MET STROOP


BOTTERSKORSIE KOEKIES MET STROOP
500 ml gaar botterskorsie (butternut)
250 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
2 ml sout
1 eier
kaneel

STROOP:
15 ml botter
250 ml suiker
200 ml melk
15 ml mielieblom
175 ml koue water

Maak die gaar botterskorsie fyn.
Voeg gesifte meel, bakpoeier, sout en eier by en meng goed.
Skep lepels vol van die mengsel in vlak warm olie en bak tot goud bruin.
Dreineer die koekies op kombuispapier.
Pak in bak en strooi kaneel oor.

VIR DIE STROOP:
Verhit die botter, suiker en melk tot kookpunt in mikrogolf 3 min.
Los die mielieblom op in die water en roer dit by die melkmengsel.
Mikrogolf 2 min, roer na elke minuut.
Verhit tot mengsel dik is.
Gooi die stroop oor die koekies en bedien warm.
Resep en foto: Meisie van der Colff




GEGEURDE RYS IDEES


GEGEURDE RYS IDEES
1 koppie basmatiese rys in mikrogolf gekook.
Tupper rys bak gebruik sonder deksel.
Meng rys met 3 ½ koppies water en sout.
Kook op hoog 22 min.
Perfekte rys altyd!

1 ui, fyn gekap en gebraai
125 g spek stukkies, gebraai saam met die ui
25 ml knoffel botter bygemeng en alles in die rys ingemeng
Resep en foto: Meisie van der Colff

Sonja Janse van Vuuren:
1 koppie rou rys
3 koppies water
1 groente aftreksel blokkie
1 teelepel paprika
½ teelepel borrie
1 ui, fyngesny
½ rooi soetrissie, fyngesny
2 eetlepels grasuie, opgekap (opsioneel)
1 knoffel huisie, fyngedruk
1 eetlepel olyfolie

Verhit die olie in ‘n kastrol. Voeg die ui, soetrissie en knoffel by en braai vir ‘n min. Voeg die speserye en rys by en meng deur. Voeg die water by, krummel die aftreksel blokkie in die water en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte, meng liggies deur en plaas die deksel op. Prut totdat die rys gaar en droog gekook is. Sprinkel die grasuie oor en meng liggies.

Leyanca Morton:
Maak ‘n potjie met bietjie olie warm, sit 1 koppie rys in braai soos rys crispies en kook daarna
lekker bruin rys, ek sit ‘n beef blokkie in as ek kook.

Linda Laing :
Ek kikker gaar rys op deur uie in baie botter (genoeg om alle rys klam te maak) te braai, meng by rys saam met opgesnyde gekookte eiers.

Hedwig Moore:
Braai 1 gekapte ui en gesnipperde pakkie spek.
Maak roereier van 5 eiers met bietjie melk.
Kook 1 koppie rys tot gaar.
Meng alles, geur met sout en peper en driekwart koppie blatjang.
Geniet warm saam met coke hoender. Koningskos!

Adelle Williams:
Ek kook my rys met Spice for Rice in. Dan kook ek in ‘n ander pot gevriesde gemengde groente. En braai uie. Wanneer dit gaar is sit ek botter, Aromat, sout en peper in en meng dit en die uie met my rys.

Lize Ryan:
My rys is baie eenvoudig. Ek braai net uie, soetrissie en sampioene in olyf olie, gooi dan so bietjie kruie en garlic by en roer saam my rys. Doen dit altyd wanneer ek rys oor het van die vorige aand.

Sandra van der Merwe:
Kook rys gaar, braai fyn gekerfde uie en rasper 1 wortel baie fyn. As ui gaar is, voeg wortel by, braai effens, voeg rys by en geur met Aromat, dit word so ligte geel. Kan saam Chinese braai bedien of braaivleis of kook kos.

Ruth Scholtz:
Ek kap uie en sampioene fyn, braai dit in botter, dan vroeg ek rys by en braai die rys ook. Dan voeg ek veggie of chicken stock by en genoeg water om rys te kook. Net voor opdiening. Roer bietjie botter deur. Lekker netso sonder sous. Baie lekker saam met hoender.

Javon-Jody Kim Kleinsmidt:
Fry onions, red, green and yellow peppers, add shrimps and cook till done. Add in spice for rice and fishermans spice and some pepper.  Add in cooked basmati rice or pasta rice then steam through. Just before serving add in a tin of smoked mussels for garnish. You can also add in drained tuna. Another recipe is fry onions, peppers, mushrooms, tomato, add bacon and fry till done. Spice with a bit of Aromat and pepper mix in cooked rice. Before dishing add cubed cheddar pieces in between and serve.

Elmarie van der Merwe:
Braai uie, spek en sampioene in botter. As dit gaar is gooi rys in en braai rys saam om geur te absorbeer. Gooi water en Ina Paarman chicken stock by, asook sout na smaak. Kook tot gaar.

Aneen Ferreira:
Ek braai dun gekerfde kool, groenbone en wortelrepies in bietjie olie. Kook rys gaar (moet korreltjierig wees) gooi baie barbecue spice oor rys. Druk meeste olie uit groente en meng deur rys. Lekker saam met braaivleis ook.

Yolanda Kilian
Hierdie gereg kom van ‘n kantien in Bloemfontein
Maak basmati rys gaar met sout en hou eenkant. Rys moet lig en los wees. Braai fyn gesnyde uie, sampioene, groen en rooi rissie tot net sag. Gooi baie lemoenpeper oor en laastens fyn gerasperde geel wortels. Laat net warm word, maar nie pap en voeg dan die rys daarby vir warm rys slaai. Heerlike bykos.

Angeline Daniels:
Kook die rys met klein gesnyde rooi en geel soetrissie. As dit gaar is roer bietjie botter deur. Regtig lekker.

Rina Smit: Adelle moenie jou rys kook met die spices nie. Jy gooi die rys spices op nadat die rys gestoom is.

Helvi Aisha Jiyane:
On a lazy day I just fry Hawaiian mixed veggies from McCain with butter and Aromat the original and mix with my rice.

Nicolene Henning:
As jy hoender maak, moenie jou water afgooi nie kook jou rys daarin voeg net sampioene by.




PATATS ONDER DIE KOMBERS


PATATS ONDER DIE KOMBERS
750 g patats
1 koppie melk
½ koppie botter
50 ml bruinsuiker
1 eier
5 ml vanilla
sout na smaak
Kook die patats in die melk, botter, en suiker tot gaar. Maak die gaar patats fyn, voeg die eier vanilla en sout by en roer deur. Skep die mengsel in ‘n gesmeerde bak en plaas eenkant.

Bolaag
½ koppie bruinsuiker
½ koppie klapper
½ koppie koekmeel
½ koppie botter

Meng die bestanddele en frummel dit bo-oor die patats. Bak vir 30 – 40 min by 180ºC in ‘n voorverhitte oond.
Resep geplaas: Mercia Labuschagne




IDEES VIR ERTJIES


IDEES VIR ERTJIES
Reinet Herman Šarović
Maak ertjie slaai.
Braai spek stukkies, sny klein kaasblokkies, sny halwe ui fyn.
Meng met mayonnaise en suurroom as jy het, en sout en peper. Heerlik.

Martie Steyn
Sny ‘n ui fyn. Kook so 2 eiers, sny op meng alles saam met bietjie mayonnaise en ertjies. Jy kan selfs ’n rooi rissie fyn opkap as jy van iets sterks hou.

Alta Barnard Praeg
Komkommer, ui, feta en mayonnaise. Heerlik. Ek het gisteraand blik mielies ingegooi saam ertjies.

Leoni Botha
As jy dalk soutkoekies soos bacon cips of enige ander het, maak so klomp fyn (nie te fyn), gooi by ertjies saam met mayonaisse. Kan bietjie kaas ook bysit. Lekker slaai.

Alta Gunter Van Dyk
Maak ertjies warm. Meng vlapoeier en bietjie suiker, knippie sout met water tot dit soos paste is, voeg by ertjies, kook deur, sit ‘n paar mint blaartjies bo neer, gee ‘n heerlike smaak.

Ruth Scholtz
Gooi water af en voeg mayonnaise en bietjie kondensmelk by. Bedien koud.

Tony Charmaine Jardine
Sny 1 ui in klein blokkies op, meng met mayonnaise en bedien koud as ‘n slaai. My mense is mal daaroor, tot die kleingoed hou daarvan.

Jeanine Philander Perrang
Kook wortels met bietjie suiker en kaneelstokkie, wanneer wortels klaar is, voeg blikkie ertjies by.

Leonie Adendorff Meiring
Gooi water af en voeg by klein blikkie gesnyde pynappel stukkies en dan mayonnaise, dis heerlik.

Madre Moolman
Ertjies met bietjie suiker, botter en melk met vla. Vla word gekook tot dik.
Ertjie slaai met bietjie mayonnaise en kondensmelk – kan blikkie pitmielies ook ingooi en stukkies spek wat gebraai is bo-op.

Hennenman Gastehuis
1 koppie koekmeel
1 teelepel bakpoeier
1 eetlepel botter
1 eier

Meng, skep in pot met ertjies en ½ koppie suiker met water.
Sit deksel op moenie oopmaak voor vyftien minute om is nie.

Meisie Potgieter
Gooi al die vloeistowwe af. Braai ‘n fyngesnyde ui en ‘n blikkie groenboontjie(french cut) en gooi blikkie ertjies by. Bietjie sout en peper. Roerbraai so rukkie saam.




IZA SE PATATTERT


IZA SE PATATTERT
6 koppies rou patats, in blokkies gesny of genoeg om jou bak vol te maak
1 eier
½ koppie suiker
1 koppie melk
1 teelepel vanilla / karamel geursel

Kook patats tot gaar en maak fyn,  meng met die bestanddele, sit in oondbak en bak vir 30 minute by 180°C. Gooi die volgende sous oor wanneer die eerste 30 minute verby is:

1 koppie bruinsuiker
2/3 koppie meel
1 koppie margarien / botter
1 koppie neute (opsioneel)

Smelt botter, voeg suiker en meel by en meng deur.
Giet oor die gebakte patats, strooi neute oor en bak vir ‘n verdere 30 min by 160°C.
Die suiker maak so lekker bros lagie bo-op.
Hierdie is HEMELS en kan gevries word.
Resep en foto: Iza Hanekom Loubser




ROOM AARTAPPELS 3 BESTANDDELE


ROOM AARTAPPELS 3 BESTANDDELE
5 medium groot aartappels, geskil en in ringe gesny
250 ml room
gerasperde kaas
In 2 liter bak het ek laag aartappels gepak, en sout oorgestrooi , dan laag kaas en herhaal tot bak vol is.
Gooi room oor en ek gooi so 20 ml water in room bottel om alle room uit te kry, spoel bottel en gooi ook oor die aartappels.
Mikrogolf op high  vir 20 min. indien aartappels nog nie sag is nie, mikrogolf ‘n verdere 10 min. of tot aartappels sag is.
Resep en foto: Meisie van der Colff