

GIDEON SE RYSBONDELTJIES
En was djeeerlik!
½ koppie rys gaar
¼ koppie koekmeel
1 teelepel Italian kruie
peper na smaak
½ teelepel aromat
1 teelepel knoffelvlokkies
1 eier
1 koppie broodkrummels (om balletjies in te rol en nie vir mengsel nie)
olie vir diepbraai
Meng alles saam en maak 25 mm deursnee balletjies deur ferm saam te druk dog versigtig te wees
Rol die balletjies net in die krummels en los vir ten minste ‘n uur in die koelkas
Bak in die olie tot effens bruinerig
Doopsous:
½ koppie mayonnaise
2 teelepel dijon mosterd
1 teelepel korrel mosterd
1 teelepel fyn knoffel
Meng alles saam en gebruik as doopsous vir die rysbondeltjies
Resep en Foto: Gideon Louw






