

GEGEURDE RYS IDEES
1 koppie basmatiese rys in mikrogolf gekook.
Tupper rys bak gebruik sonder deksel.
Meng rys met 3 ½ koppies water en sout.
Kook op hoog 22 min.
Perfekte rys altyd!
1 ui, fyn gekap en gebraai
125 g spek stukkies, gebraai saam met die ui
25 ml knoffel botter bygemeng en alles in die rys ingemeng
Resep en foto: Meisie van der Colff
Sonja Janse van Vuuren:
1 koppie rou rys
3 koppies water
1 groente aftreksel blokkie
1 teelepel paprika
½ teelepel borrie
1 ui, fyngesny
½ rooi soetrissie, fyngesny
2 eetlepels grasuie, opgekap (opsioneel)
1 knoffel huisie, fyngedruk
1 eetlepel olyfolie
Verhit die olie in ‘n kastrol. Voeg die ui, soetrissie en knoffel by en braai vir ‘n min. Voeg die speserye en rys by en meng deur. Voeg die water by, krummel die aftreksel blokkie in die water en bring tot kookpunt. Verlaag die hitte, meng liggies deur en plaas die deksel op. Prut totdat die rys gaar en droog gekook is. Sprinkel die grasuie oor en meng liggies.
Leyanca Morton:
Maak ‘n potjie met bietjie olie warm, sit 1 koppie rys in braai soos rys crispies en kook daarna
lekker bruin rys, ek sit ‘n beef blokkie in as ek kook.
Linda Laing :
Ek kikker gaar rys op deur uie in baie botter (genoeg om alle rys klam te maak) te braai, meng by rys saam met opgesnyde gekookte eiers.
Hedwig Moore:
Braai 1 gekapte ui en gesnipperde pakkie spek.
Maak roereier van 5 eiers met bietjie melk.
Kook 1 koppie rys tot gaar.
Meng alles, geur met sout en peper en driekwart koppie blatjang.
Geniet warm saam met coke hoender. Koningskos!
Adelle Williams:
Ek kook my rys met Spice for Rice in. Dan kook ek in ‘n ander pot gevriesde gemengde groente. En braai uie. Wanneer dit gaar is sit ek botter, Aromat, sout en peper in en meng dit en die uie met my rys.
Lize Ryan:
My rys is baie eenvoudig. Ek braai net uie, soetrissie en sampioene in olyf olie, gooi dan so bietjie kruie en garlic by en roer saam my rys. Doen dit altyd wanneer ek rys oor het van die vorige aand.
Sandra van der Merwe:
Kook rys gaar, braai fyn gekerfde uie en rasper 1 wortel baie fyn. As ui gaar is, voeg wortel by, braai effens, voeg rys by en geur met Aromat, dit word so ligte geel. Kan saam Chinese braai bedien of braaivleis of kook kos.
Ruth Scholtz:
Ek kap uie en sampioene fyn, braai dit in botter, dan vroeg ek rys by en braai die rys ook. Dan voeg ek veggie of chicken stock by en genoeg water om rys te kook. Net voor opdiening. Roer bietjie botter deur. Lekker netso sonder sous. Baie lekker saam met hoender.
Javon-Jody Kim Kleinsmidt:
Fry onions, red, green and yellow peppers, add shrimps and cook till done. Add in spice for rice and fishermans spice and some pepper. Add in cooked basmati rice or pasta rice then steam through. Just before serving add in a tin of smoked mussels for garnish. You can also add in drained tuna. Another recipe is fry onions, peppers, mushrooms, tomato, add bacon and fry till done. Spice with a bit of Aromat and pepper mix in cooked rice. Before dishing add cubed cheddar pieces in between and serve.
Elmarie van der Merwe:
Braai uie, spek en sampioene in botter. As dit gaar is gooi rys in en braai rys saam om geur te absorbeer. Gooi water en Ina Paarman chicken stock by, asook sout na smaak. Kook tot gaar.
Aneen Ferreira:
Ek braai dun gekerfde kool, groenbone en wortelrepies in bietjie olie. Kook rys gaar (moet korreltjierig wees) gooi baie barbecue spice oor rys. Druk meeste olie uit groente en meng deur rys. Lekker saam met braaivleis ook.
Yolanda Kilian
Hierdie gereg kom van ‘n kantien in Bloemfontein
Maak basmati rys gaar met sout en hou eenkant. Rys moet lig en los wees. Braai fyn gesnyde uie, sampioene, groen en rooi rissie tot net sag. Gooi baie lemoenpeper oor en laastens fyn gerasperde geel wortels. Laat net warm word, maar nie pap en voeg dan die rys daarby vir warm rys slaai. Heerlike bykos.
Angeline Daniels:
Kook die rys met klein gesnyde rooi en geel soetrissie. As dit gaar is roer bietjie botter deur. Regtig lekker.
Rina Smit: Adelle moenie jou rys kook met die spices nie. Jy gooi die rys spices op nadat die rys gestoom is.
Helvi Aisha Jiyane:
On a lazy day I just fry Hawaiian mixed veggies from McCain with butter and Aromat the original and mix with my rice.
Nicolene Henning:
As jy hoender maak, moenie jou water afgooi nie kook jou rys daarin voeg net sampioene by.






