

BROODDEEG APPEL WIELE MET KARAMEL SOUS
Ons het vanaand ‘n lekker poeding aanmekaar gesit, en dit is nog naamloos. Ons het probeer dink aan ‘n naam, maar al wat ek hoor terwyl dit geëet word is “Mmmmm!” 😋
1 pak klaar voorbereide brooddeeg
botter vir smeer
kaneel
½ blikkie pastei-appels
1 handvol pitlose rosyne
Sous:
2 koppies mollasse suiker (treacle sugar)
500 ml room
sout
Brooddeeg uitgerol en gesmeer met botter en gestrooi met kaneel.
Pak omtrent ‘n halwe blikkie pastei-appels en die pitlose rosyne daarop en rol op. Ek het dit daarna in wieletjies van omtrent ‘n duim breedte gesny. Die wiele word dan in dieperige gesmeerde oondbakke geplaas (ek moes twee gebruik, want daar moet spasie wees vir die sous). Volgende het ek die molasse suiker (treacle sugar) met die room gemeng tot suiker min of meer opgelos is. Ek het ook ‘n bietjie sout by die sousie gegooi, sodat dit ‘n “salted caramel” effek gee. Dié word dan oor die wiele gegiet en dit word dan gebak vir omtrent 30 minute teen 180º C. Die sousie verdik so bietjie maar kook maklik oor, dus die diep oondbakke.
Resep en foto deur Elzanne Labuschagne Nel






