

BOTTERSKORSIE KOEKIES MET STROOP
500 ml gaar botterskorsie (butternut)
250 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
2 ml sout
1 eier
kaneel
STROOP:
15 ml botter
250 ml suiker
200 ml melk
15 ml mielieblom
175 ml koue water
Maak die gaar botterskorsie fyn.
Voeg gesifte meel, bakpoeier, sout en eier by en meng goed.
Skep lepels vol van die mengsel in vlak warm olie en bak tot goud bruin.
Dreineer die koekies op kombuispapier.
Pak in bak en strooi kaneel oor.
VIR DIE STROOP:
Verhit die botter, suiker en melk tot kookpunt in mikrogolf 3 min.
Los die mielieblom op in die water en roer dit by die melkmengsel.
Mikrogolf 2 min, roer na elke minuut.
Verhit tot mengsel dik is.
Gooi die stroop oor die koekies en bedien warm.
Resep en foto: Meisie van der Colff






