

SKORSIEPASTEI
5 skorsies (gems)
125 g margarien
200 ml suiker
4 ekstra groot eiers
125 ml koekmeel
15 ml bakpoeier
250 ml melk
Halveer die skorsies en kook tot sag.
Skep die pitte uit en gooi dit weg.
Skep die vleis uit en sit dit in ‘n sif oor ‘n bak sodat die vloeistof kan afdrup.
Voorverhit die oond tot 180°C en smeer ‘n groot oondbak met botter.
Verroom die margarien en suiker goed saam.
Klits die eiers een-een by.
Sif die meel en bakpoeier bo-oor die bottermengsel en roer dit saam met die melk by.
Meng die skorsievleis by (dit sal ‘n slap beslag wees).
Giet in die voorbereide bak en bak vir 1 uur tot goudbruin.
Resep geplaas deur Amanda Mostert









