

BABS SE RAAPGEREG
Skil 5 – 6 rape en sny in ringe. Kook die rape in soutwater vir ongeveer 8 minute en dreineer.
Pak die raapringe in lae in ‘n gesmeerde glasbak.
Klits 3 – 6 eiers, voeg ‘n bietjie melk, sout en peper na smaak by.
Variasies om by die eiers te voeg:
pietersielie, knypie kerrie, aromat, paprika of neutmuskaat.
Klits goed deur en giet die eiermengsel oor die raapskywe.
Strooi baie gerasperde kaas oor en bak die gereg in ‘n voorverhitte by 180ºC tot gaar.
Nota – dis voorwaar lekker, hoor. Onthou dat die rape reeds in soutwater gekook het. Proe eers hoe sout dit is, voor jy sout by die eier voeg. Maar ja almal gaan die resep soek. Lekker eet.
Resep en foto: Babs van der Westhuizen






