

VARIASIES VIRROOMSPINASIE
Linda Burger:
Restaurant room spinasie.
4 eetlepels botter
4 eetlepels meel
1 klein ui, fyn gekap
1 knoffelhuisie, fyn gekap
1 koppie melk
sout en peper na smaak
neutmuskaat na smaak
spinasie (1 sak/bossie)
1 eetlepel botter
Smelt die botter in ‘n kastrol oor medium hitte. Voeg die meel by en klits / meng tot ‘n pasta. Kook vir 5 minute, of totdat dit ‘n ligte goue kleur is. Meng die ui en knoffel by en kook vir 1 minuut. Klits die melk stadig in tot goed gemeng is. Laat die sous kook vir 5 minute terwyl die spinasie voorberei word. Voeg sout, peper en neutmuskaat by die sous en meng deur.
Spinasie: Smelt die eetlepel botter in ‘n aparte pot oor medium hitte. Voeg die spinasie bietjies gewys in terwyl jy dit roer. Kook die spinasie vir 5 na 6 minute tot sag maar nie pap nie, dit moet helder groen wees. Meng die sous by die spinasie en kook net vir ‘n minuut of 2 om deur te kook.
Dien warm op.
Babs van der Westhuizen:
Kap spinasie en uie fyn, roerbraai met sout en peper. Voeg kort-kort so paar druppels by (so bietjie op ‘n slag). Sodra dit gaar is, roer jy ‘n koppie room by.
Unity Olivier:
3 to 4 bunches (2 ½ pounds total) flat-leaf spinach, trimmed and cleaned
2 tablespoons butter
½ medium onion, minced
4 garlic cloves, minced
4 ounces bar cream cheese, cut into pieces
½ cup milk
pinch ground nutmeg
coarse salt and ground pepper
Bring a large pot of salted water to a boil. Add spinach, and cook just until wilted, about 1 minute. Drain in a colander; rinse with cold water until cool. Squeeze spinach to remove as much liquid as possible; coarsely chop, and set aside.
In a large saucepan, heat butter over medium. Add onion and garlic; season with salt and pepper. Cook, stirring occasionally, until onion softens, 3 to 5 minutes.
Add cream cheese and milk; cook, stirring, until cream cheese is melted and smooth. Stir in spinach. Simmer over medium heat until mixture thickens, 8 to 10 minutes. Add nutmeg; season with salt and pepper.
Gerda Venter:
Ek het Sondag spinasie gekook en witsous gemaak. Pleks van melk het ek koppie water gebruik en 250 ml room. Ek het ook kaas sous poeier ingegooi asook kaas ingerasper. Oor spinasie gegooi en so paar min gekook, gelos en lekker romerig en dik geword. Heerlik!
Johan Cloete:
Ek maak myne in melk en met sampioensop poeier.
Ronel Hammond:
Ek kook spinasie met aartappels en uie, dan gooi ek room in, laat dit bietjie deur kook, en daarna gooi ek gekrummelde fetakaas by.
Ronel Potgieter Hanekom:
Kook spinasie net so, maak fyn, gooi aromat oor en ‘n houertjie room. Gooi klomp kaas in en kook deur. Jy kan na die tyd feta ook in krummel.
Lorinda Du Plessis:
I add Feta and plain cream cheese. Lots of pepper. Not too much salt as the Feta is already salty. Divine!
Mandy Mercer:
I cook onions, add the chopped spinach, a stock cube, a teaspoon of flour, and some cream. Simple and delicious.






